Hoeveel kan ons waarneem?

Ons neem slegs by benadering een vyftig-biljoenste (1/50 000 000 000) van wat bestaan waar!

Een van die dinge wat my nog die meeste pla in my geestelike reis is hoe min ek weet van die werklikheid.  Hoe neem ‘n mens dan besluite oor jou lewe se doel, hoe jy die lewe moet lewe, en oor jou spiritualiteit.  Hoeveel weet ons?

Ons gewaarwording van realiteit deur middel van ons sintuie bestaan uit so min as een twee-biljoenste (1/2 000 000 000) van die energie in ons bekende heelal.  Hierdie “bekende” energie is slegs ‘n bitter klein deeltjie van al die energie wat tydens die oerknal (“big bang”) vrygestel is.  Meeste realiteit het in “dark matter” en “dark energy” verdwyn, waarvan ons feitlik niks weet nie.  Astrofisici bereken dat 73 % van die “big bang” se vrygestelde energie is donker energie (“dark energy”) en 23 % is donker materie (“dark matter”), dus 96 % van geskepte energie het in die oneindige gebied rondom ons verdwyn.  Slegs 4 % energie vorm ons bekende heelal wat uit omtrent een triljoen, triljoen, triljoen, triljoen, triljoen ton materiaal soos melkwegte, sonne, atmosfeer, die aarde, mense en ander bekende energie bestaan.  Onthou ons sintuie neem maar ‘n twee-biljoenste van hierdie 4 % waar.  Dit beteken ons sintuie hou ons in verbinding met slegs omtrent een vyftig-biljoenste (1/50 000 000 000) van totale realiteit.  Statisties is dit ‘n te absurde klein steekproef van die geheel om betekenisvol te wees.

Hierdie inligting kom uit Think of an Elephant deur Paul Bailey.  Ek het geen idee hoe goed en betroubaar die boek is nie, en ek weet ook nie of ek die inligting reg weergee nie.  Selfs al sou dit heel verkeerd wees, is ek seker ons neem minder as omtrent niks van ons realiteit of die werklikheid waar!

Ek sou graag die meer ingeligtes op hierdie gebied se kommentaar wou hoor.  Hoeveel van realiteit kan ons waarneem?  Hoeveel weet ons?!

Hierdie inskrywing is geinspireer deur die leersame inskrywings van o.a. Flippiefanus, Rosalind en Wipneus.

41 Responses

  1. Dis baie interessant maar ek vermoed tog dat Bailey mens so bietjie mislei deur die klein hoeveelheid wat mens waarneem so uit te druk. Mens hoef nie baie van iets waarteneem om te verstaan wat dit is nie. Asmens ‘n appel in jou hand hou dan sien jy tog net die oppervlak van die appel. Dis ‘n baie klein persentasie van die appel. Self as mens dit ‘n hap gee dan sien mens maar weer net ‘n nuwe oppervlak, ensovoorts. Nogtans weet mens genoeg van die appel af. Dis nou natuurlik totdat mens daai halwe wurm sien. 😉

  2. 🙂 Ja, dit is nogal ‘n skok wanneer ‘n mens op ‘n wurm afkom wanneer jy so versigtig die skyfies van die lewe blootle. Wat maak ‘n mens dan? Byt die ding se kop af? 😉

    Maar ‘n mens moet seker darem die buitenste oppervlak ten eerste waar kan neem voordat jy kan begin verstaan?

    So van die os op die esel: Dink jy daar is meer as die heelal? Of is die heelal alles. Hoe beskou jy God? As ‘n aparte bewussyn of wese wat buite die heelal wat ons “ken” lewe? Dink jy daar is nog ander heelalle?

  3. Soos ek altyd sê: ons is soos die Amoeba. Ons het eindelik in vergelyking nog niks waargeneem nie!
    Die heelal is so ontsettend groot, ons het nog baie om te leer en waar te neem! Daar kom elke dag nuwe inligting!

    Oor Astronomie en die heelal gaan ons net met vrae sit, van daardie vrae gaan ook nie in ons leeftyd beantwoord word nie!

  4. Annerkant, ek glo definitief dat God buite die heelal is en nie deel daarvan is of onderworpe daaraan is nie. Of God nog heelalle gemaak het sal ek nie kan weet nie. Die prentjie wat ek in my kop het is dat ons hele heelal in ruimte en tyd soos ‘n groot 4D voorwerp is wat voor God dryf en waarin hy elke enkele sukkie detail kan sien en op alle vlakke kan aandag gee in sy eie tyd. Dis soos ‘n groot kunswerk of juweel waarin hy sekere goed verander, maar ander goed self laat ontwikkel.

    Dis miskien moeilik om dit so te beskryf en dit kan ook misleidend wees want uit die aard van die saak is dit maar bloot net my eie prentjie daarvan wat ek vir myself uitgewerk het.

  5. Wonderlike inskrywing en ek moet jou geluk wens met die stats, dit is 100%.

    Dit het my nou laat dink aan iets, die slimmes se dat indien ons alles om ons sou waarneem op een slag, sal jy dit nie kan hou nie/geen sin daarvan kan maak nie. Jou sintuie, of eerder die brein, filter die inligting om jou wat belangrik is nog voor jy dit regtig waarneem. Indien jy alles sal waarneem sal dit net ‘n warboel wees.

    Bv. jy sit en hoor klomp goed, maar danksy konsidionering en assosiasie, se jou brein vir jou die lui van die telefoon is belangrik. As die nie daarvoor was nie sou ons agter alles aangehol het, alles geeet het, na alles gekyk het, ect.

    Oor die heelal: ek het nie woorde om te brskryf hoe groot dit werklik is nie.

  6. Wipneus. Amoeba? 🙂 Ek dink Amoebas kan dalk al te veel waarneem. 🙂

    Flippiefanus: Ek hou van jou beeld. Ek dink nie ek sal dit kan vergeet nie. Hoe gaan dit dan in die hemel wees? By God buite die heelal? Ek vra nie om snaaks te wees nie, hoor! En ek weet dit is seker onmoontlik om regtig te antwoord.

    Jy sal seker ril (New Age?), maar ek het van die idee gehou om te dink dat God die heelal IS en groter, en dat ons deel is van hom. Hy is tog ook Gees (energie?). Dit laat my baie meer geborge voel.

    Rosalind. Dankie vir die kompliment. 🙂 Dit is darem nie ek wat so akkuraat met die statistiek is nie … Paul Bailey het dit so mooi uitgewerk. Ek het amper maar net verteer en vertaal.
    Het jy al die heelal vir jouself probeer indink – verbeeld, al is daar nie woorde nie?
    Ek het al gehoor van die siftingsproses van ons sintuie.

  7. Annerkant ek dink presies net soos jy oor God! 🙂

    As ek agter my teleskoop staan en die heelal bestudeer, voel ek so dom soos grond, want dit voel of ek nooit êrens gaan kom met die storie nie! hahaha 😆

    Miskien is grond ‘n beter voorbeeld as die Amoeba 😆
    Of is dit?
    Ek begin myself nou al dom bevraagteken, of wag ek is klaar dom, want ek weet eindelik nog niks!

  8. Annerkant, ‘n mens kan seker nie regtig weet hoe dit in die hemel gaan wees as God dit nie aan so persoon sou duidelik maak nie. Wat ons wel weet is dat ons bevry sal wees van die wette van die natuur soos dit in die heelal vasgele is en dat ons in God se “heerlikheid” sal wees.

    Al is ons nie deel van God nie is God wat “in” ons en ons “in” God. Energie is iets wat bestaan in die materiele heelal. Dis iets wat God geskep het. Om te probeer verstaan wat God is (die essensie waarvan hy gemaak is) is bokant die menslike begrip en verstand.

  9. Wipneus, ek dink nie ‘n mens noem dit dom nie, eerder slim, slim genoeg om te besef hoe min jy weet al weet jy baie en om nog steeds te bevraagteken omdat jy weet jy is nie alwetend nie. 🙂

    Grond? Hmmm, dalk die bakteriee in die grond. Gee ons darem so ‘n bietjie krediet. 😆

  10. Flippiefanus, ek kan aanvaar dat ‘n mens nie kan weet waaruit God bestaan nie, en energie is dalk nie die regte manier om dit te verwoord nie. “God is in ons, en ons in God.” Dit voel vir my reg, maar hoeveel moet ‘n mens op gevoel staat maak?

    Ek sou graag nou al gelukkig wil wees in God. Ek het die lewe baie lief, en aardse probleme en beperkinge pla my nie verskriklik nie. Dalk is hier en nou al wat ons het.

    Dankie vir jou antwoorde, hoor. 🙂 Ek wil maar net nie die bo menslike begrip en verstand aanvaar nie. Ja, ek verstaan dat dit groter is as ons verstand, maar ons hele wese behoort mos te weet. Maar … daar gaan ek al weer!

  11. nee wag nou. as ons nie weet hoe groot die heelal is nie, hoe kan ons dit wat ons kan waarneem in die eerste plek kwantifiseer met ‘n breuk? die noemer kan net korrek wees as ons weet wat die deler is – en volgens hierdie inskrywing weet ons dit nie.

  12. Hallo, Johan. Ek beskou myself ‘n leek op enige gebied wat hier ter sprake is. Die inskrywing het ten doel gehad om my idee en my frustrasie dat ons so min weet en persoonlik waar kan neem, weer te gee. Ek gaan tog probeer antwoord so goed ek kan, en hoe ek die inligting verstaan het. Hopelik “chip” iemand in wat meer weet. 🙂
    Ten beste is die sommetjies waarskynlik ‘n hipotese gebasseer op berekeninge oor die fisika van die heelal. Ek neem aan die berekeninge van die grootheid van die heelal en wat ons waar kan neem, is seker geekstrapoleer van wat die sterrekundiges wel waar kan neem. Die hoeveelheid donker energie en materie, dink ek word bereken o.a. agv aantrekkingskragte, spoed waarmee die heelal uitmekaar beweeg ens. wat waargeneem word en nie deur die energie en kragte wat ons fisies waar kan neem verklaar kan word nie. Natuurlike kan ons sintuie net ‘n sekere deel waarneem van die heelal wat ons fisies van weet. Of die berekeninge ook die hulp van toerusting wat ons help om ons sintuie te “verleng” insluit, weet ek nie. Wat my betref, maak die feit dat ons nie eens die sommetjie behoorlik kan doen nie, die gebrek aan inligting nog erger. Wat ookal die sommetjie, ons neem bitter min waar van die werklikheid!! En dan natuurlik, wat my betref, hoe weet ons nie daar is nie meer as die “heelal” wat ons van “bewus” is, of wat ons kan bereken nie.
    Ek is seker ek antwoord nie jou vraag / stelling behoorlik nie. Wys jou net, ek weet nog minder as die antwoord van die sommertjie! 😮 🙂

  13. Daar is iets wat bekend staan as die Hubble konstante wat ‘n maatstaf is van die grootte van die (waarneembare) heelal. Dit stel die grootte van die heelal op omtrent 13 duisend miljoen ligjaar. Die ding van waarnemings is dat hoe verder die goed van ons af is hoe verder terug in tyd kyk ons. So as ons iets sien wat 10 duisend miljoen ligjaar ver is, is die lig 10 duisend miljoen jaar terug uitgestraal. Die verste bestraling wat ons kan waarneem is die kosmiese agtergrond staling wat uitgestraal is ‘n rukkie nadat die oerknal plaasgevind het. Hoe die heelal verder as hierdie punt lyk is in beginsel onmoontlik vir ons om waar te neem.

    Maw Johan eintlik weet ons wel hoe groot die waarneembare heelal is. 🙂

  14. Dankie, Flippiefanus!!!!! Ek het al iewers van die Hubble konstante gehoor. Dalk nog by jou of Rosalind se inskrywings wat bietjie bo my verby gegaan het. So kort soos hier gestel, sal ek dit nogal onthou. Sal maar nie vra waarvandaan kom die Hubble konstante nie!

  15. Edwin Hubble was die ou wat ontdek het dat die sterrestelsel almal uitmekaar uit beweeg en dat die heelal dus al groter word. Die Hubble konstante het te doen met hoe vinnig die heelal uitsit. Dit het eenhede van 1/tyd. Die inverse van die Hubble konstante gee vir mens ‘n aanduiding van die ouderdom van die heelal.

  16. ek het my personal spirit.. hy is altyd rondom … iewers en hy kom van daar bo, hy love my baie ….soms is hy besig elders, ek vergeet soms van hom, soms is daar engele rondom ons, maar hy is soos die Holy Spirit deel van God en spiritual dus geestelik en dus kan ek hom nie sien nie maar hy bewaar my tot nou sedert ek gebore is en veral sedert ek gedopies is.hy is werklik.
    toe my pa dood is die nag en ek by sy hospitaalkamer uitstap het God my verlaat, ook my personal Spirit, toe ek in die gang afstap nadat ek my pa se voorkop gesoen het, hy was al koud, toe het alles my verlaat, ek kon nie stap nie alles was swaar my bene was so swaar ek kon amper nie beweeg nie alles was swaar en donker en van God verlate… alles het my afgetrek, die aarde se swaartekrag het ontsettend swaar gevoel

    Eers drie dae later aan die heel einde van die begrafnis toe die orrelis die Halleluja speel en ons ons hande ophef , want ek my ma en kleinsus is aldrie taamlik charismatiese worshippers, toe eers het God teruggekeer en my personal spirit het lang my en my ma kom sit en ek het geweet my pa se siel sweef … toe ,maar eers moes ek deur daai donker dieptes gaan, die dal van doodskaduwee, ja ‘n mens se siel, deel van jou hier en dit vat ‘n tyd…

    dis soos ek dit beleef het

    al wat ek weet dit is beyond wonderful…the spiritual life

  17. maar dis nie waaroor julle gepraat het nie

    LEo

    die heelal

    is very real

    en ons is bewus van die numineuse… ‘n hoër bestaan

    skies ek praat total strooi maybe

    Liefde
    Maya

  18. en lekker slaap hoop die slaapkabouters strooi jou vol heerlikgeurende strawberry sprinkles vir sweet dreams

    hmm

  19. Hallo Waterstroompie (Maya, Annora, Anne) – jy maak my bietjie deurmekaar, jong. 🙂 Is julle meer as een wat daar by die waterstroompie vertoef, of is dit net ek wat nie kan sien wat aangaan nie?
    Jammer ek kom nou eers hier uit. Kan maar nie te gereeld kom blog en lees nie.

    Ek het jou kommentaar baie geniet! 🙂 Dit is ‘n interessante kontras: Flippiefanus se linkerbrein, en jou regterbrein wat nog ‘n bietjie sweef ook. 🙂

    Jy moet groot asseblief nie ophou om hier te kom lees en kommentaar te lewer nie – dit is nou as jy wil. Ek het al ‘n bietjie van die spirituele begin beleef, maar nie naastenby soos jy nie. Ek sal seker ook nooit nie, want die eerste ding wat ek gewonder het, is hoe die chemie in jou brein hierdie ervaringe tot stand laat kom. 🙂 Maar ek kan daarmee vereenselwig, want ek dink dat ‘n mens op so ‘n vlak tevrede en gelukkig kan voel, waarskynlik selfs ekstaties (skies die anglisisme!). Dit sal my dalk net ‘n bietjie onseker laat voel, want gevoelens kan ook maar wip plank ry.
    Kan jy letterlik jou sprituele self “sien”? Moet jy daaraan werk om spiritueel te wees (bv. te mediteer), of is dit maar net? 🙂 🙂 Ek sal graag in jou lewe wou wees vir ‘n rukkie! 🙂
    Liefde, Annerkant

  20. Waterstroompie, ek het gou koffie gaan kry, en toe dink ek hoe geweldig hartseer was jou ervaring met jou Pa. Jy moes baie lief vir hom gewees het!

  21. O gits lyk my ek het iewer my regterbrein verloor. Sal my leer om so agterlosig te wees. 😉

  22. 🙂 Flippiefanus 🙂 :), ek dink ek gaan nou heeltemal op hol gaan met hierdie linker- en regterbrein ding!! Ek is skoon opgewonde! Ek het ‘n idee baie pseudo-wetenskap – jy gaan of die handoek ingooi met my met jou linker- / heelbrein?, of my reg probeer help. 🙂

  23. Nou gesels ons oor linker en regterbreine 😆 Hier kan dit net lekker raak!!!

    Wat Waterstroompie hier praat kan ek mee identifiseer!!! 😉

  24. Pseudo-wetenskap!!!??? 😀 gooi maar. Jy’t my nou al weer baie nuuskierig gemaak. Ek sal kyk of ek my verroesde regterbrein opgefire kan kry. 😉

  25. Goeie more Flippiefanus, swaar weer het my gisteraand afgejaag voordat ek gou hier kon antwoord. Groot asseblief, moenie iets verwag nie! My opgewondenheid hardloop baie keer met my weg, en dan is dit soos die tydskrifte en koerante, met opwindende opskrifte, maar wanneer die werk moet begin vir die inhoud, kan die inhoud nie die hoogtes bereik nie!

  26. Hi Wipneus, ek het nie eens tussen die donderslae van die swaar weer gesien jy was ook hier nie! Miskien moet ek vashaak by die breingedeelte! Daar kan nie iets interessante wees nie! 🙂

  27. Dit is die eerste keer dat ek ‘n 3D voorstelling (deur snit) sien van ‘n blackhole. Hoender vleis lekker.

  28. ja maar FlippieFanus, jy praat nou doodeenvoudig net van dit wat wel waargeneem kan word. Annerkant skryf dat DAARDIE gedeelte slegs ‘n breukdeel is van wat bestaan. Daarmee het ek geen probleem nie – maar ek kan hoegenaamd nie sien hoe dit gekwantifiseer kan word in ‘n getal sonder om dit OOK waar te neem nie. Dis sinneloos. om dit uit te werk is ‘n estimate – en dis ook fine. Maar ek dink nie dis ‘n geldige argument om te sê dit is werklik hoe dinge is nie.

  29. Johan ek dink jou vraag kom daarop neem oor hoe akkuraat so estimasie gemaak kan word. Annerkant se oorspronklike inskrywing verwys na wat Paul Bailey in Think of an Elephant geskryf het. Ek het nie die boek gelees nie so ek kan nie vir jou se^ hoe hy die berekening gemaak het nie. Wat ek wel weet is dat sulke estimasies meestal slegs die groote order kan regkry, miskien ook die meesbeduidende syfer. Nogtans is dit goed genoeg om die uitspraak te maak wat Annerkant hier verskaf. Let op dat die breuk slegs die grote orde en die mee beduidende syfer bevat.

  30. ek stem. tog dink ek ‘n beter argument sou wees om die waarneembare getal te verskaf en by te voeg: “daar word verder beraam dat dit maar ongeveer 1/50 000 000 000ste is van alles wat bestaan”.

    jy sal my moet verskoon – ek is ‘n dissipel van koherente tekste. dit maak die wêreld soveel beter 😉

  31. ooh, maar ons het nog nie by ‘n ander aspek van die gesprek uitgekom nie.

    kan ‘n mens werklik van iets as “realiteit” praat as ons dit nie kan waarneem nie?

  32. Johan bedoel jy nou dit sou meer koherent gewees het as die woordjie “ongeveer” bygevoeg was? Wel ter verdediging moet ek jou daarop wys dat Annerkant darem die woord “omtrent” gebruik het.

    Met jou vraag oor realiteit, verwys jy nou na daardie storie dat ‘n boom wat in ‘n woud omval geen geluid maak as daar nie iemand is om dit te hoor nie? Wel daarop sou ek antwoord dat dit eenvoudiger sou wees om aan te neem dat dit wat nie waargeneem word nie wel ‘n werklikheid is. Volgens Occam sal ons dus eerder aanneem dat dit wel ‘n realiteit is.

  33. true, true.

    hmm…hoe kry jy dit reg om occam so toe te pas?

  34. Occam’s razor: “All other things being equal, the simplest solution is the best.”

    Need I say more?

  35. Maar flippiefanus, Occam was ‘n filosoof! Jy kan tog *onmoontlik* luister na enigiets wat hy kwytraak?!?!

    😉

    Need I say more?

    Ja :p

  36. Johan ek het al vantevore gese dat filosowe tog soms goed se wat nuttig is. Hier is een voorbeeld. 😛 😉

  37. Occam, die wetenskap gebruik hom wel. As twee hipoteses dieselfde waarneming ewe goed verduidelik, pas die eenvoudingste een toe. Ek hou daarvan sommige akademici kan mens verstik in groot woorde en dik kompleksiteite.

  38. Ek kon so lanklaas by my blog uitkom, dat ek eers die spinnerakke en stof weg moes vee voordat ek kon begin lees. Ek dink nog steeds ek moet maar wegbly, dan geniet ek dit meer om te kom lees wat aangaan. 🙂

    Johan, ek dink ek moet my artikels (in my regte werk) vir jou stuur vir redigering (natuurlik vir Flippiefanus en Rosalind ook)! Ek stem saam met jou oor ordentlike, akkurate skryf!! Dit is nie altyd maklik wanneer ‘n mens self betrokke is by die skrywery nie, daarom dat ‘n mens iemand anders moet vra om te redigeer. 🙂 Om by die punt uit te kom, ek weet regtig te min van fisika, sterrekunde en dies meer om ‘n ordentlik deurdagte stuk daaroor te skryf, of regtig hier beter inligting by te gee.

    ‘n Mens is baie gelukkig as mense moeite doen om ‘n mens reg te wys!! So verbeter jyself net meer en meer en dit gratis en verniet. Dankie vir julle almal se “gesels” hier.

  39. Andrew, ek het die voorstelling ook bitter baie geniet! 🙂

  40. ek weet na alle waarskynlikheid nog minder van fisika, sterrekunde en dies meer as jy, so al wat ek kan doen is leer.

    oor occam en die wetenskap dink ek egter dis belangrik om te besef dat ‘n lomp oplossing nie noodwendig verkeerd is nie. dis bloot ‘n kwessie van “styl”, as ‘n mens wil.

  41. Johan, oor die uitdruk van die hoeveelheid wat ons waar kan neem – ek stem beslis saam met jou oor die presiese weergee van feite, en behoorlike redenering. Ek is bly dat jy daaroor kommentaar lewer, want dan onthou ‘n mens net weer om volgende keer behoorlik te dink oor die bewoording van wat jy skryf. Ek dink nie ek was heeltemal verkeerd in hoe ek dit uitgedruk het nie, maar dit sou veel beter wees as ek meer duidelik sou se dat dit ‘n skatting of “estimate” is. Dit gaan maar hier vinnig met die skrywery, en ek is maar soms bietjie wollerig. 🙂

    Ek ken ook nie vir Occam nie! Kyk, ek leer met rasse skrede van dinge wat ek eintlik behoort te weet! Maar ek stem saam: so ver ek dit verstaan is die eenvoudigste oplossing wanneer jy verskillende hipoteses het, die mees aanvegbare. Ek dink nie dit gaan noodwendig oor die eenvoudigste bewoording nie. Maar ek mag verkeerd wees. Ek laat dit vir Flippiefanus en/of Rosalind om dit beter te verduidelik of my reg te help. 🙂

Lewer kommentaar op annerkant Kanselleer antwoord