My persoonlike joernaal – wat om hier te verwag.

groei, vernuwing

groei en vernuwing

 In die kategorie, Persoonlike Joernaal, gaan ek skryf oor my persoonlike gevoelens, ervaringe, denke en groei tydens my geestelike reis. 

My skrywes hier het geen doel voor oë om gedeel te word, of vir iemand anders behalwe myself tot nut te wees of iets te beteken nie.  Natuurlik sal ek nie omgee as dit gelees word nie, want anders sou ek dit privaat gehou het.  Dit mag dalk net iemand anders help om deur hulle eie gevoelens en ervaringe te werk, maar dit is nie wat ek in hierdie kategorie wil bereik nie.  Moet asseblief niks van die inskrywings verwag nie.

Die inskrywings sal persoonlik van aard wees, en ek gaan dit selfsugtig en vir my eie behoeftes skryf. Ek gaan dit skryf net soos wat dinge met my gebeur, sonder enige plan of volgorde, en sover as moontlik sonder om dinge te sensor.  Ek gaan nie omgee of dit sin maak, baie eenvoudig is, en of dit enigsens akademies van aard is nie.  Dit mag ook onsamehangend wees.  Meeste mense sal dit nie interessant, leersaam of opwindend vind nie, maar hierdie is regtig net vir myself bedoel.  Hieraan wil ek my groei meet.  Wanneer ek eendag hierop terugkyk, hoop ek dat dit met dankbaarheid en verbasing sal wees.
Flickr-foto.

4 Responses

  1. Soos altyd gaan ek saam met jou op die reis ook vertrek!

  2. Dankie, Wipneus. 🙂 Hoop maar nie ek val in ‘n gat of sit in die modder vas nie. Dit raak maar soms moeilik.

  3. Ek hou van die feit dat jy eerlik gaan wees, meestal teenoor jouself. Dit het my ook baie gehelp om daardie stukkie van die droom-moordenaar te deel.
    a Problem shared is a problem halved.

  4. Sammi, ek sal regtig eerlik probeer wees, maar wanneer die son skyn voel alles soos bog, en is dit aardig om dit so oop te stel, maar dit doen my goed. Dwing my om daarna te kyk.🙂 Dit is vir my minder om dinge te verwerk soos wat dit in jou droom-moordenaar inskrywing was. Ek moet eerder myself dwing om aandag te gee.🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: