Gene vir God IV.

Hierdie is die laaste inskrywing in hierdie reeksie van inskrywings oor Gene vir God. Wat het ek geleer en neem ek saam hieruit?

Vir my beteken spiritualiteit (onderwerp van my een van my volgende inskrywings) ‘n wete of bewus wees van iets groter of “meer” as ons lewe hier op aarde soos wat ons dit dmv ons sintuie waar kan neem.  Hierdie “wete” kan dan vertaal word daarin dat ek bewus is of “weet” van ‘n God of Opperwese, en om dan in ‘n God te “glo”.  God is ‘n konsep wat in alle beskawings voorkom, en hierdie konsep, of konsep van iets meer as hierdie lewe op aarde, is al merkbaar in die heel oudste kulture.  Die uitdrukking in die tipe godsdiens wat ‘n mens beoefen, hang nou saam met die kultuur waarin jy groot geword het.

Daar is al navorsing gedoen op die moontlike redes of oorsprong, waarom mense oor die algemeen “spiritueel” is, in ‘n meer of mindere mate (sommige mense het dalk glad nie hierdie “gevoel” nie), en in ‘n God wil glo.   Een van die kernvrae is: wat het eerste gekom, God of die nodigheid om in ‘n God te glo? (Op een manier geïnterpreteer, bestaan God?).

Een stuk navorsing hieroor is deur ‘n genetikus wat op kanker navorsing doen, Dean Hamer, gepubliseer.  Hy het die resultate van sekere vrae in ‘n opname oor ‘n persoonlikheidskenmerk bekend as selftransendensie (self-transcendence)  gekorreleer met ‘n variant van die geen bekend as VMAT2.  Mense met een van twee variante van die geen het effens hoër punte behaal in die selftransendensie vrae.  Dit was volgens Hamer ‘n konstante korrelasie. Die resultate en afleidings is nog net in sy boek, The God Gene: How Faith is Hardwired into our Genes, gepubliseer, en is nog nie deur ander wetenskaplikes  geredigeer of getoets nie (sover ek agter kon kom).  Hierdie bevinding is dus nog nie “bevestig” in die wetenskap nie, en Hamer het homself baie kritiek op die hals gehaal deur dit eintlik voortydig in ‘n boek te publiseer sonder om die resultaat van die navorsing eers in ‘n wetenskaplike tydskrif te publiseer. Flippiefanus gaan eers so ver om dit pseudo-wetenskap te noem, en hy is reg in so verre dit nie “goeie” wetenskap is nie.  Dus – daar is die moontlikheid dat ons geneties geneig kan wees om in God te glo, of spiritueel te wees, maar daar is nog te min daaroor nagevors om enige defnitiewe gevolgetrekkings te  maak.  Ek persoonlik dink ook nie dit gee regtig ‘n uitspraak daaroor of God bestaan of nie.

Na lees van ander bloginskrywings en gesprekke, het ek vir eers tot die gevolgtrekking gekom om te probeer redeneer of God bestaan of nie, is nie regtig moontlik nie, want ons kan dit nie “wetenskaplike toets” op hierdie stadium nie.  Dit is ‘n kwessie van geloof.  Jy glo daar is ‘n God, of jy glo daar is nie ‘n God nie, of jy neem geen finale besluit daaroor nie. (Tussenwerpsel: dit is natuurlik moontlik om oor natuurlike prosesse soos die “bestaan” van evolusie te redeneer.)

Ek het ook tot die besluit gekom vir my eie soeke, dat die bestaan van God, en spesifiek in die konteks van ‘n christelike God, is in wese nie belangrik vir my eie geestelike of spirituele groei en vrae daar rondom op hierdie stadium nie.  Dit behoort my nie te rem nie.  Dit raak belangrik wanneer ek moet besluit of ek my spiritualiteit in ‘n spesifieke godsdiens, soos christen wees wil uitleef, of wanneer ek daartoe bekeer word.  Dit sal nog by my bly, maar ek moet dit nie die kern van my reis maak nie, want ek kan dit nie self oplos op hierdie stadium nie.  Dit beteken natuurlik nie dat ek nie meer daaroor moet wonder, vrae daaroor vra, of daaroor “navorsing” doen en lees nie.

Seker die belangrikste wat ek gekry het uit hierdie oefening is die bydraes van ander in gesprek, en veral in die vorm van boeke wat aan my voorgestel is wat die moeite werd is om te lees, deur Rosalind en Flippiefanus:

Nota: Ek sluit die koppelinge na die boeke by Amazon.com in, want daar is dikwels meer inligting, ook oor ander soortgelyke boeke, ingesluit.

     

8 Responses

  1. Annerkant, ‘n boek wat ek baie geniet het, is die wetenskapjoernalis John Horgan se Rational Mysticism. Jy kan meer lees op sy webwerf http://www.johnhorgan.org. ‘n Bietjie meer oor die boek, sou jy belangstel vanaf sy webwerf:

    How do trances, visions, prayer, satori, and other mystical manifestations “work”? What are their neurological mechanisms and psychological implications? John Horgan investigates a wide range of fields — chemistry, physics, psychology, radiology, theology, and more — to narrow the gap between reason and enlightenment. As both a seeker and an award-winning journalist, Horgan is uniquely positioned to profile researchers and their work. To find the ends of enlightenment, he communes with a number of experts, including the theologian Huston Smith, spiritual heir to Joseph Campbell; Andrew Newberg, the scientist whose quest for the brain’s “God module” was the focus of a Newsweek cover story; Ken Wilber, the doyen of transpersonal psychology; Alexander Shulgin, the legendary chemist who has synthesized scores of psychedelic drugs and tested them on himself; and Susan Blackmore, a Zen practitioner, psychologist, and parapsychology debunker who teaches at Oxford.

  2. More Annerkant
    Die slotsom waartoe jy gekom het, maak baie sin op hierdie stadium in jou “soeke”. Hierdie reis van jou moet voortgaan want die dag wanneer jy besluit jy WEET waaroor dit gaan weet jy eintlik niks nie. Daar is soveel om te leer TOG gaan daar ‘n tyd kom waar jy beter gaan VERSTAAN en BEHOORT. Dan reis jy maar weer verder…in daardie rigting.

    Sam Harris laat my nekhare rys!

  3. Die boek deur Spencer Wells is heerlik, hoekom ek hom uitsonder vandag is dat ek juis oor die genographic navorsing wat deur hom gelei wordm vandag geskryf het. Daardeur het ek die voorreg gehad om hom te ontmoet so 3 jaar gelede en later weer met hom te skakel.

    Dis is nogal lekker om die mens se reis op aarde te volg, want dit plaas hom binne se eie konteks op ‘n manier.

    As ‘n mens kyk na die Khoi/San se oudste oudste verhale, en hulle was vir derduisende jare geisoleer. Dan is daar ook ‘gode’ ter sprake, veral mbt die son, maan en sterre. Baie interessant.

    Weer eens heerlike stuk deur jou.

  4. Sjoe, dankie George. Ek wil juis nou meer oor spiritualiteit en ervaringe soos “trance” (diep-hipnose) uitvind. Dit is ‘n terrein wat ek self nog nie mee te doen gehad het nie, en die boek klink of dit net begin waar ek moet begin. Regtig dankie. Dit begin al moeilik raak om te kies watter boeke om eerste te koop, maar hierdie een sal hoog in prioriteit wees.🙂

    Sammi, dit is nogal ‘n moeilike een – die feit dat geestelikheid, lewenservaring en so baie ander dinge ‘n proses is wat nooit ‘n einde het nie. Dit is vir my soms moeilik om te aanvaar. Ek sou graag in party dinge ‘n eindpunt wou bereik, soos ‘n resies wat gewen is. Jy is reg, hoe meer ‘n mens leer en weet, hoe meer besef jy dat jy eintlik nog niks weet nie. :0

    Rosalind, ek sien uit na die boeke. Ek moet nog net eers ‘n prioriteitslys opstel. Ek het jou inskrywing oor die molekulere toetse baie geniet. Ek moet dit nog ‘n slag gaan lees, want het net tyd gehad vir ‘n vinnige loer … en R1 800 is darem nie te veel as ‘n mens dink hoe interessant dit is nie, en dan raak ‘n mens sommer meer gegrond as jy ‘n idee kry waar jy inpas en min of meer aanmekaar gesit is!🙂

  5. Goed opgesom.

    Ek het nouwel ‘n baie sterk argument gemaak van die saak dat mens nie enige *wetenskaplike* bewyse vir die bestaan van God kan vind nie. Maar dit beteken nie dat mens nie tog wel in mens se persoonlike ervaring bewyse vir God se bestaan kan vind nie. Dit verg egter ‘n sekere mate van geestelik groei.

    Voorspoed met die leeswerk.😀

  6. God raak ook al meer deel van my gedagtes en lewe, maar alhoewel dit baie vir my beteken, kan ek dit nie toeken aan ‘n spesifieke Gods-identiteit nie.

    Dankie vir die voorspoed! Jy sal nie weet hoeveel voorspoed ek nodig het nie. Ek moet eintlik nie so baie oor myself uitlap nie, maar dit is nie vir my maklik om te lees nie. Ek sukkel met konsentrasie. Maar al moet ek myself aan ‘n stoel vasmaak, en my oe oopdwing sodat ek nie aan die slaap raak nie, maar behoorlik lees gaan ek nou begin lees!

  7. Nou wil ek jou nie ook toegooi met boeke nie, maar as jy hierdie onderwerp interessant vind, moet jy beslis ook Barbara King se Evolving God lees. Sy is ‘n bioloog wat onder groot ape gewerk het en die gedragspatrone onder hulle bestudeer het om die evolusione^re wortels van godsdienstigheid te soek. Super interessant.

    NS Hierdie is ‘n pragtige blog.

  8. Bertus, baie dankie vir die kompliment.🙂 Solank ek net vorder – enige “vordering” is ek gelukkig.

    As ek nie al die boeke gelees kry nie, gaan ek hulle maar as ‘n kopkussing gebruik en hoop die kennis sypel self in, of dalk kan ek teen hulle steun om op my kop te probeer staan.😆
    Ernstig: dankie vir die verwysing, ‘n mens sal seker sukkel om verder terug te gaan vir ons gedrag (behalwe ons gene, natuurlik). Ek sit dit op my lysie, en sommer hoog op, want ek hou van bioloe – naby aan die aarde.🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: