Oor myself

Aangename kennis. Dankie dat jy die moeite doen om na my spasie te kom kyk.🙂
 
Wie is ek?  Wel, dit is een van die vrae waarmee ek in hierdie blog gaan stoei. Om die blog in meer perspektief te stel: ek is ‘n doodgewone Afrikaner:?: wat in ‘n doodgewone, konserwatiewe Christelike huis groot geword het.  My grootwordjare was baie beskermd en eenvoudig, en het nie met besondere probleme of stryd gepaard gegaan nie. Selfs vandag nog is ek die meeste van die tyd gelukkig en tevrede waar ek is, soveel as wat ‘n mens maar kan wees hier in Suid-Afrika.  Ek moet ook aanlas dat ek ‘n wetenskaplike is, want dit is moontlik deels belangrik as agtergrond vir my blog.
 
In hierdie blog gaan ek my geestelike of spirituele reis deel. Hierdie reis het al die dag begin toe ek gebore is – ek het net nog nie daarvan geweet nie. Dit is nie ‘n unieke reis nie. Elkeen van ons gaan op hierdie reis, in ‘n mindere of meerdere bewustelike mate.  Ek het nie iets besonders of nuut om te deel nie, is nie besonders belese oor die onderwerp, of kan myself ‘n filosoof, teoloog of selfs ‘n skrywer noem nie. Dit sal my nie fame bring of ryk maak nie, veral nie as dit in Afrikaans geskryf word nie. Dit is ook nie so opwindend en sensasioneel soos politiek, wat blykbaar een van die gewildste blog onderwerpe is, nie. ;-)  Nou hoekom sou ek dan met hierdie blog begin en hoekom oor hierdie eintlik baie persoonlike onderwerp?  Ek begin hier skryf omdat my eie geestelike reis vreemde wendinge geneem het in die milieu van my eie kultuur en omgewing.  Die reis begin ook al intenser raak, en elke dag stoei ek met gedagtes wat sirkelpaadjies in my kop oopdwaal. Kort-kort kom ek so deur die gejaag van die lewe op oopmakende gedagtes en nuwe insigte af, maar meestel bring nuwe kennis net nog meer tergende vrae en onsekerhede.  My reis het in ‘n mate ‘n eensame een geword, want ek kan dit nie met meeste vriende, kennisse of familie en in my eie taal deel nie, om verskeie redes.  Ook hierom, en veral om my gedagtes vryelik te kan deel en eerlik te wees tot op die been, bly ek anoniem, sonder die beperkinge en blootstelling van my identiteit.

Ek hoop van alle harte dat ek dalk ook ander hier raak sal loop wat vir stukkies van die pad by my aan kan sluit. Die paadjies wat ek loop en lesse wat ek leer en vrae wat ek vra is waarskynlik al lankal bedink en goed deurtrap, veral omdat my reis nog in sy kinderskoene is. Ek sou graag vinniger deur hierdie eerste skooljare wou beweeg (fast forward🙂 ) , sodat ek by die nagraadse jare uit kan kom voordat ek die anderkant bereik, om nie dalk daar agter kom dat ek nie genoeg op kon slurp tydens hierdie lewe waarvan ek ten minste bewus was nie. Dit sou die hartseerste van alles wees. Ek hoop om hier mede-reisigers raak te loop by wie ek kan leer, en selfs mense wat my uit kan daag en veroordeel, sodat my eie reis daardeur verryk kan word en ek kan groei. Dit sou wonderlik wees as ek in die proses miskien ‘n ou klein ietsie by kon dra tot iemand anders se reis, of ten minste dalk veroorsaak dat iemand sal gaan dink oor hulle eie oortuiginge en bestaan.

 

 

 

 

 

9 Responses

  1. Het jy padkos ingepak? :p

  2. 😮 Oo genadetjie, het bietjie van die kos vergeet. Wat sal ek inpak? Sjokolade en kondensmelk om die gemoed te troos, vet vissies vir die brein, en ‘n glasie wyn vir die senuwees. 🙂

  3. Laat, maar darem: welkom hier! 8)

  4. Dankie vir die welkom heet, Bib.🙂 Jy is darem nie regtig “laat” nie. Ek dink nie ek sal ooit self by almal se blogs uitkom nie, maar ek probeer by jou inloer, want jy vertel en skryf van die interessantste dinge en plekke.

  5. Ek’s ook ‘n agteros, sal graag jou “reis” wil volg, gooi maar die broodkrummels uit, ek sal dit volg🙂

  6. Dankie vir die inloer, Nikita. Ek sien uit om daar by jou die sjokolade en rose te volg. … in my jong jare wou ek graag skaak speel, maar het net nooit die passie gevolg of aansporing daarvoor gekry nie. Toe kry ander dinge voorkeur. (Daar was geen skaakopleiding of klubs beskikbaar waar ek groot geword het nie).🙂

  7. Wat ‘n jammerte dat daar nie skaak was nie, ek dink darem dat die situasie in SA stadig besig is om te verander, veral met Fide (hulle is die wereld-skaak organisasie) SA nou onlangs besoek het (1ste keer) om te kyk waar en hoe hulle kan help. Dit gaan in SA skole-skaak heelwat beter (glo ek) as hier in die britse skole. SA het ook twee spanne na die Wereld Jeug Skaakkampioenskappe gestuur terwyl Engeland slegs een span daar gehad het. – dus, goeie teken dat daar darem so effe van ‘n diepte is in SA-jeugskaak..my broer het my geleer toe ek 10 was en dis al…op hoerskool wou ek speel, maar dit was net seuns! en kan jy jou nou indink van ‘n st 6’ie met ‘n spul st9/10 seuns en daardie oe wat jou so aankyk asof jy ‘n alien is wat wil kom skaakspeel! lol! net daar omgedraai en nooit op hoerskool gespeel nie! myself so bietjie verder geleer en toe maar as onnie begin met skaakklub. jammer jy kan nie speel nie!😦

  8. Ek dink daar was op daardie stadium (baie jare terug) darem al skaakopleiding in stadskole, maar ek het maar op ‘n relatiewe klein dorp skool gegaan. Dit is regtig jammer, want ek dink dit help ‘n mens se brein ontwikkel. Goed vir jou!!! En goed vir SA! Ons klomp boere en ander Suid-Afrikaners hier kan darem net die ding doen.🙂 Nee man, jy moes die klomp seunskinders sommer reg in die oe gekyk het, en hulle heiligdom ingedring het.😉 Ek kan seker myself uit boeke leer of by ‘n klub aansluit, maar daar is nou so baie ander goed! Sien uit om so mettertyd daar op jou blog meer daaroor te leer.

  9. hi.. I am From Indonesia beautiful country..how are you??….. introduction from my blog…..can we exchange link……add me here…thank very much ok……success always🙂

    visit to: http://bujanglahat.wordpress.com/intip-kota-ku/ for view my city….

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: