Hierdie blog hiberneer

Dankie dat u hier kom kuier. Ongelukkig gaan hierdie blog onaktief wees tot November 2009 en sal ek tot dan geen nuwe inskrywings byvoeg nie. Ek sal ook slegs ongereeld na kommentare kom kyk. 

Hiberneer [Flickr-foto]Ek vra ook groot om verskoning dat ek sommer net so verdwyn het, sonder enige kennisgee, veral aan die wonderlike mense wat ek hier in WordPress onmoet en met wie ek vriendskappe gesmeë het.  Ek kan nie glo dat ek verlede jaar in November laas hier was nie!  :0 Dit voel nie so lank terug nie!  Alles is ook so vreemd hier, en ek sal seker weer van voor af moet leer hoe om dinge te doen. 

Ongelukkig moes ek ‘n verbod plaas op omtrent alles in my lewe wat nie direk tot my werk en studies bydra nie, en veral aktiwiteite wat dink en skryf benodig, en my aandag af kan lei. My studies het reeds te veel jare gesloer, en die finale inhandigingsdatum vir my verhandeling is Oktober hierdie jaar.  Dit verg maar bloedsweet en selfdissipline om die werk te voltooi!

Met my geestelike reis en ontdekking is ek nie klaar nie.  Bo en behalwe ander aspekte van my lewe en persoon wat verbeter het, vind ek dat die herontdek van my geestelikheid my baie help in my daaglikse lewe.  Vrae en wroeg sal daar altyd wees, maar ten minste is geestelikheid ‘n nuttige gereedskap om onnodige ontsteltenisse en spanning teen te werk.  Alhoewel ‘n mens dit altyd hoor, word ek self al meer bewus daarvan dat ‘n geestelike reis, en lewensreis, behalwe vir die dood [debatteerbaar :)], nie ‘n eindbestemming het, of tot ‘n einde kom nie.  Dit is maar moeilik om te aanvaar wanneer ‘n mens nie kan dink hoe jy ooit sover sal kan kom om ‘n besonderse kunswerk in sand te skep, om dit dan net weer te vernietig nie. Om ‘n taak aan te pak wat nie ‘n einddoel het nie, voel so nutteloos. Niks is tog so lekker en vervullend as om ‘n werk goed af te handel, of die wenstreep te haal nie. So kan ‘n mens ook voltooide trofieë met trots uitstal, of wegbêre, om weer later na vore te bring en te geniet.

Ek wil graag hierdie blog ooplos om dit dan later weer voort te sit.  In ‘n nuwe blog sal die begin van my reis ontbreek, of ten minste die begin waarvandaan hierdie blog deel gevorm het van die reis.  Die blog is vir my kosbaar, want in ‘n tyd wat ek vasgevang gevoel het in my onvermoeë om my gedagtes oor geestelikheid met iemand te deel, het die blog ‘n uitlaatklep oopgemaak.

Tot November dan.  Leef in liefde en geluk! :-)

 

6 Responses

  1. Ek sal geduldig wag tot November. Alle voorspoed met die studies en die werk. Ek is bly dat jy besluit het om nie die woernaal te sluit nie. Sien uit na die voortsetting van jou reis.

  2. Ek wag saam met Flippiefanus. En sterkte met die studies. Ek het volgende jaar ‘n LLB om klaar te maak, so ek verstaan🙂

  3. Sterkte met die studies. Loer in soos jy kan.

  4. Dit is so ‘n plesier om jou weer raak te lees. Sterkte met die studies.

  5. Wel ek het jou nie vergeet nie, geniet wat jy doen en ek sien uit na jou terugkeer🙂

  6. *poke

    dis november. vir ingeval jy vergeet het😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: