So baie om te doen, so min tyd!

Tyd, ooo wee ...

Ek het half gehoop ek hoef nie hierdie inskrywing te skryf nie.  Mense wat dalk hier in kom loer, sal agterkom dat hier nie veel aangaan, indien enige iets, op die oomblik nie.  Dit gaan regtig net baie dol met my op die oomblik.  (Ek sê dit versigtig, want ek kan agter kom dat meeste ander bloggers ook nie hulle tone sit en tel nie!)  Ek het ‘n taamlike massa werk en ‘n groot projek om by die werk af te handel.  Bykomend het ek ook hierdie hoop wonderlike boeke aangekoop wat ek graag wil lees, en waarna, dink ek, ek met baie meer agtergrond kennis hier by sal kan dra.  Ek vra groot om verskoning.  Ek is nie so arrogant om te dink dat ek gemis sal word nie, maar ek gaan dit mis, en ek hoop nie ek verloor kontak met almal nie.  Die blogwêreld het in ‘n kort tydjie vir my baie beteken, en ek sal so gou moontlik weer meer gereeld kom lees en blog.  Ek sal ongereeld en net so nou en dan in kom loer en dalk ‘n stukkie skryf tot seker so in Januarie volgende jaar, maar soos die tyd verby vlieg is dit sommer om die draai.

Flickr-foto.

26 Responses

  1. Ek het jou gemis, maar jy moet eers jou boeke klaar lees voor jy mag verder blog. *diep stem*

    Is hierdie ‘n oop forem?

  2. Andrew, ek moes net gou iets gaan doen. Ek het besluit om ten minste die stukkie oor kinders te skryf en te plaas, anders sal ek dalk glad nie.

    Ek sal nou eers my boeke begin lees, en videos kyk voordat ek weer kom blog.🙂 Ek neem aan ek moet luister as die stem so kwaai raak.🙂

    Ek weet nie wat jy bedoel met oop forum nie, maar, ja, die comments hier by al die inskrywings is oop en almal kan sien wat enige iemand hier skryf, en enige iemand mag hier skryf wat hulle wil.🙂

  3. Ons mag maar so af en toe ou rus tydjie vat. Mens is ook maar net vlees en bloed.🙂

  4. Ek’s amper in die posisie waarin jy is, moenie sleg voel nie! Ek’s besig met ‘n opdrag en allerlei ander goed.Na die Anand/Kramnik toernooi wat die week klaarmaak, gaan ek net nou -en dan iets ingooi…vir wat dit werd sal wees…en my laagle-tyd gaan dalk tot Maart/April voortduur! O ja, ek het die artikel geskandeer (waaroor jy my gevra het!), ek dink ek gaan hom vir jou sommer more met email stuur! Ek het so ‘n week “vakansie”, maar ook nie rerig nie…moet bietjie inhaal!

  5. Annerkant ek is bly om te sien dat jy darem so tydjie afgeknyp het om ‘n ietsie of twee te skryf. Ek het jou inskrywings gemis. Nogtans verstaan ek dat mens nie altyd by alles kan uitkom nie en daar is dinge in mens se lewe wat belangriker is.😉 Ek self sit ook in die laaste tyd met tyd konflikte en boonop het my rekenaar hier by die huis so bietjie konneksie probleme.

  6. Ek het begin wonder wat van jou geword het. Dis die “silly season” – almal wil nou alles probeer klaarmaak wat hulle reeds in Januarie plegtig belowe het om te doen😆

    Sterkte, en geniet veral die lesery – daarvoor moet mens altyd tyd maak – al is dit 5 minute op die toilet!

  7. Hi Annerkant, ja ek het bedoel skryf oor enige onderwerp. Sien nou eers jou blog oor kinders, het dit gisteraand mis gekyk.

  8. Annerkant moenie alleen voel nie, ons hardloop nou almal rond om die werk klaar te kry voor die Desember vakansie. Soos Rustig sê ons is net vlees en bloed en mag bietjie af vat!

    Geniet die boeke! 🙂

  9. Jy mag maar arrogant wees – ons SAL jou mis. Maar ek verstaan ook van boeke lees. Moet net nie helemaal wegraak nie😈

  10. Haai annerkant, ek sien jy is ook een soekende siel. Goed so. Ek hoop jy het al in jou soektog agtergekom dat daar ‘n hengse verskil is tussen Godsdiens en spiritualitiet. Dit lyk my jy is genadiglik op laaste.
    Sien, opsigself is daar nie ‘n probleem met godsdienstigheid as sulks nie. Die probleem onstaan as die klem fanaties op die Diens gedeelte van die woord val, dan kry jy selfmoordbommers, 9/11, bloedige Christen crusades en die soort van onnoselhede. Dit is ouens wat glo God is te stupid om te sien dat ander ouens ander gode aanhang, of selfs Hom op ‘n ander manier aanbid. Hy self kan ook niks daaraan doen nie en daarom sal hule dit vir Hom doen. Die gevolg is ‘n bloedige gemors.
    Spiritualiteit is meer ingestel om goed te doen, basies alles te doen wat die kerk sê hulle doen, maar net sonder die bloed.
    En dan is daar natuurlik die Andrews van die lewe wat hulle hele lewe lank veg met die God wat hulle sê nie bestaan nie. Dit lyk maar net of hulle ander mense aanval, maar ientlik praat hulle gedurig en aanhoudend met God. Dit is goed so, as hulle dan dood gaan die dag sal hulle op die uitkyk wees vir Hom!
    Kom loer gerus in op ons blog. Ons stoei ook maar met dieselfde goed daar.
    Geseende Kersfees vir almal wat hier lees ook.
    Groetnis

  11. Louwie jy noem van ‘n blog maar jou naam is nie gekoppel aan ‘n skakel nie.

  12. Hallo almal.🙂 Ja, nee, die werk [en alles wat belowe is, Emil ;)] het my hygend na my asem, maar dit is ook lekker. Dankie dat julle nog steeds moeite doen om te lees en te kom kuier, al is dit so doodstil hier.

    Onrustig, ja, soms moet ‘n mens maar na die robot-rat oorslaan, maar die vlees sukkel ‘n bietjie.

    Nikita en Wipneus, sterkte met al julle dinge ook. Nikita, ek het sommer nie by my e-pos ook uit gekom nie. Sal gaan loer wanneer daar ‘n kansie is. Dankie.🙂

    Sonkind, jy laat my spesiaal voel. Dankie, jong! 🙂

    Andrew, jy mag net skryf wat jy wil, en waaroor jy wil. Hier is dalk net nie so ‘n groot gehoor nie, maar ek hou van jou klippe in die bos. Jy sal nie glo nie, maar my man het nou omtrent ingeklim met die lees en het die CD wat jy gestuur het al goed deurgekyk (jammer, ek het nog nie!). Hy se hy verstaan hoekom jy so sterk voel oor die boodskap teen godsdiens en gode as jy jou kan vereenselwig met Dawkins. Hy dink ook ek sal alles geniet. Hy wil graag vir jou ‘n skakel gee na ‘n video op Youtube. As ek vanaand by die huis kom sal ek kyk of ek dit hier op my blog vir jou kan pos.

    Flippiefanus, ek is baie bly jy is ook hier. Ek het al vinnig in Blue like Jazz geloer, en dit is baie goed en onderhoudend geskryf. Ek geniet die lynsketse.🙂 Ek het gedink ek moet dit en Dawkins so saam-saam lees om myself nou behoorlik te toets!

    Hallo Louwie, baie welkom hier by my blog. Dit lyk inderdaad asof ek en jy op die oomblik dieselfde oor spiritualiteit dink. Dit is nog net vir my ‘n stryd om behoorlik tot ‘n besluit te kom wat die “waarheid” en “werklikheid” is, nie dat ‘n mens seker ooit sal weet nie, maar op ‘n stadium hoop ek my innerlike wete, of iets ekstern dalk sal vir my duidelikheid bring. Ek weet nie of jy dit sal verstaan nie. Spiritualiteit het reeds vir my baie beteken, nadat ek vir baie jare spiritualiteit heeltemal vermy het. Ek sal graag by julle blog wil lees. Gee asseblief die skakel as jy nie omgee nie. Soos Flippiefanus se, dit is nie aan jou naam gekoppel nie.

    Ek het nogal my blog begin ook met die hoop dat ek sielsgenote en vriende raak sal loop met wie ek oor spiritualiteit en Godsdiens kan “praat”, bo en behalwe om “joernaal” te hou, en my stoutste verwagtinge is oortref! Dit beteken vir my baie.

    Ek sal maar nie nou reageer oor die invloed en gevolge wat ekstreme Godsdiens navolgers veroorsaak nie. Jy moet gerus ook gaan lees wat Flippiefanus te se het oor hierdie onderwerpe, en Emil ook … eintlik sommer almal wat hier inloer. Dit is nogal goed om ‘n mens se gedagtes oop te maak na alle kante toe. 🙂 Ek wag nog net dat Andrew ook met sy eie blog begin.🙂

  13. Annerkant ek trippel nou op en af om vir jou man (vir jou ook) nog ‘n CD te stuur van Dawkins se praatjies/lesings. Die Q&A is altyd goed. Ek wou jou nie oorweldig met die goed nie. Hou jou email dop so teen Maandag se kant dan maak ek weer kontak.

  14. Hi Annerkant, gaan kyk by skalkskryf.wordpress.com

  15. hoop om jou weer te sien hier, moet net nie helemal weg raak nie, ek lees te lekker hier,

  16. Is er om het even welke informatie over dit onderwerp in andere talen?

  17. Hi Rosalind, ek glo nie ek sal weg raak nie, die blog, en veral om julle bydraes te lees beteken te veel vir my. Ek gaan nou weer so stadig bietjies hier by WordPress uitkom. Dankie, jy laat my weer spesiaal voel.🙂

  18. Hi Ingiltere
    I think it will be easier for me to communicate with you in English. I don’t completely understand your question. It seems like Dutch to me, am I right? Do you want to know wether there is also information about the subject of my blog (spirituality) in other languages?

  19. wou net gou kom hallo se!

  20. Ek dink jy rus darem nou al lank genoeg onder daai boom! Ons mis jou!

  21. Jitte Annerkant, waar is jy? Die onkruit grooi al op jou blog.

  22. Van die os op die trekker…noudat Andrew oor onkruid praat! Ek het op wilde vlamlelies afgekom, alle kleure, en aan jou gedink. Dis mos jou avatar?
    Hoe gaan dit? Nog hard aan die lees en videos kyk?😉

  23. Sjoe maar ons verlang! Voorspoedige Nuwejaar vir jou!😉

  24. Annerkant, Januarie het gekom en weer gegaan en nogsteeds is jy soek. Is die projek nogsteeds aan die gang of het die hoop boeke nogsteeds die oorhand oor jou tyd? Ek is nou bang dat jy nooit weer gaan terugkom nie. Jy word inderdaad gemis.

  25. Baie dankie vir almal wat nog so nou en dan kom kyk het of ek al opgedaag het. Jammer vir die lang stilte.

    Andrew, die onkruid is inderdaad al dig! Ongelukkig sal dit nog ‘n rukkie neem voordat ek weer kan kom skoffel. Nogmaals dankie vir die CD!!! Ek hoop jy sal nog in die blog omgewing bly tot November.

    Dankie Boendoe, vlamlelies is pragtig, maar op ‘n stadium “verdwyn” die plantjie en blommetjies ook heeltemal.🙂

    Flippiefanus, ek dink baie aan jou. ‘n Jong seun in my familie het onlangs oordadig tot bekering gekom, en voer onder andere op die oomblik ‘n veldtog teen wetenskap in Facebook. Ek oorweeg dit om hom na jou blog toe te verwys.

    Rosalind, Sammi en Wipneus, ek verlang erg na julle ook, en wonder baie keer wat in julle lewens aangaan.

  26. Ooo ja, Flippiefanus, ek hou van jou nuwe avatar.🙂 Baie gesofistikeerd.🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: