Drome teen God.

Gisternag het ek gedroom.  Ek dink ‘n mens droom waarskynlik elke keer wanneer jy slaap, maar ek onthou gewoonlik nie dat ek gedroom het, of wat ek gedroom het nie.  Gisternag het ek egter wakker geskrik terwyl ek droom.  Ek kan nie die besonderhede onthou nie, maar ek het gedroom dat ek met God baklei, en ook met mense baklei en hulle probeer oortuig dat daar nie ‘n God is nie.  Dit was nogal vir my ontstellend, want dit was nog nooit in my gedagtes om ten alle koste te glo of ander te probeer oortuig dat daar nie ‘n God is nie.  Inteendeel, ten spyte daarvan dat ek nie meer ‘n christen is nie, het ek feitlik daagliks gesprekke met God, in die wye sin van die woord. 

Drome is irrasioneel en ek heg nie regtig betekenis daaraan nie.  Maar hoekom sou ek nou vir die eerste keer hierdie beelde in my onderbewussyn hê, of daarvan bewus word?  Dit is moontlik te wyte daaraan dat ek nou ook taamlik baie lees wat mense skryf wat glad nie in God glo nie, en wat dit soms met passie en drif verdedig.  Die droom het my baie ontstel, en toe ek wakker word het ek dadelik die Here om verskoning gevra, sonder om mooi daaroor na te dink.  Dit is hoe ek groot geword het.

Elke stukkie wat ‘n mens lees, hoor, oor gesels, mense wat jy mee te doen het, jou vriende, musiek … alles laat ‘n stukkie by jou agter.  Moet ek dit sif en sensor?  Hoe objektief moet ek my geestelike reis aanpak?

15 Responses

  1. Uiters merkwaardig. Annerkant mens het nie beheer oor wat jy droom nie maar wel oor hoe jy daarop reageer. Ek dink mens kan meer oor mensself leer van hoe jy op die droom reageer as van die droom self.

  2. Annerkant
    My vriendin skryf hierdie vir my nalv van my post ‘n paar dae terug en dit verduidelik vir my so baie oor die onderliggende dinge wat aan die afspeel is en hoekom ons so baie vrae vra – ek wil dit met jou deel. Weereens is ek dankbaar dat ek so nou en dan terug aarde toe geruk moet word.

    “……
    Ek dink die rede hoekom ek nie is waar jy is nie, is my noue kontak met ons 3 predikante. Sodra een van ons begin moedeloos raak, sê hulle: “Onthou, God is in beheer en Hy maak nie foute nie”. Dis vir my ook nie maklik om te verstaan hoekom Hy al hierdie aaklighede toelaat nie, dis tog in Sy almag moontlik om alles eensklaps reg te maak!! Maar Hy doen dit nie, omdat Hy ons iets wil leer. Of ons bereid is om te leer, sal nie een van ons kan sê nie.

    As jy in die Bybel kyk hoe die mense van daardie tyd geleef het (veral in die Ou Testament), waar vrouens vir boosdoeners gegee is om verkrag te word, waar vrouens tydens ‘n hongersnood hulle kinders doodmaak en eet, hoe vrouens in die algemeen as niks behandel is nie, dan verkies ek ‘n honderd maal eerder die lewe soos ons hom nou ken. Ek dink ons moet doen wat ons hand vind om te doen en nie probeer om vrou-alleen die wêreld en sy mense te red nie. Dis ‘n resep vir groot probleme en hartseer….

    EN verder

    ….Al wat ons nou moet doen is bid. Bid vir mekaar, bid vir ons gemeenskappe en bid vir die regering (veral). Hy het dit so beskik dat hulle aan bewind is en hulle het ons gebede dringend en aanhoudend nodig. Ons hoef nie van die regering te hou nie, maar God beveel ons om hulle te respekteer.”

  3. Flippiefanus, dit is tog nie so vreemd nie. Eerstens dink ek is die respek vir die Here diep ingeprent van babbatjie tyd af, daarom dat ek dit toegeskryf het aan “hoe ek groot geword het”. Verder is ek besig om spiritualiteit te ontdek en te aanvaar dat ek ‘n gevoel het vir die bestaan van “iets groters”. Dit dwing natuurlik by my respek af. Om respekvol te wees is nogal een van my karaktertrekke, … totdat ek teen gestaan word. 🙂 Maar soos drome kan wees, was dit nogal ‘n intense ervaring.

    Sammie, dankie vir die stukkie van jou vriendin. Ek is versigtig om daaroor uitspraak te lewer, want ek dink ek verskil baie van haar, maar om so positief te wees en nie negatiewe in haar rond te dra nie, daarmee kan ek saamstem. Dat ‘n mens nie die mensdom kan red nie, dit is ook waar. Ek het uiteindelik behoorlik daar by jou blog uitgekom. Jy skryf baie interessant en ek het dit geniet. Het so ‘n spoor of twee daar gelos, maar meestal sal ek seker net by jou lees, want terug gesels oor sake van die dag, kan ek nie altyd sinvol nie. Ek is bly ek het jou raakgeloop. 🙂

  4. Annerkant, nee is se nie dis vreemd nie, maar dit se tog iets. Soos jy se, jy kan verstaan waar dit vandaan kom, maar vir my le daar nog iets agter. Dis iets wat ek geloof noem.

  5. Ek dink dit is goed dat jy jou droom dadelik opgeskryf het. Drome vervaag so gou en dan wil jy onthou wat jy gedroomhet maar dit is net weg. ‘n Kragtige droom soos joune was sekerlik ‘n manier (hetsy vnuit jou onderbewussyn of ‘n openbaring) om jou te helpmet jou besluitneming. Sterkte!

  6. Miskien, Flippiefanus. Ek het weer ‘n baie lang gesprek met my Ma vanaand gehad. Ek is regtig nie teen christenskap gekant nie, ek dink net eerlikwaar dit is nie my pad nie. My ma glo die wederkoms is baie naby.

    Griffels, dankie vir die inloer en lees. Ek voel al ‘n bietjie melodramaties, maar dit is nou maar dit. 🙂

  7. Ek glo dat jy droom oor dinge wat jou “pla”/byt of naby jou le…ens …weet nie of ek dit heeltemal raak beskryf nie. Ek het ook eenkeer gelees dat mens eintlik meer as een droom per nag droom, maar dat jy slegs die droom onthou wat jy die laaste 11 sekondes gedroom het. Alhoewel drome lank voel, is hulle in werklikheid net ‘n paar sekondes (ook wat ek gelees het). Ek het gisternag _eintlik baie vroeg vanoggend, want ek was wakker en weer aan die slaap geraak_ gedroom van ‘n plek in SA..ons was ‘n spul mense bymekaar en toe is daar met klippe uitgepak in woorde…dat daar net ‘n entjie van ons af ‘n plek is waar 9 (!) oseane op die 1ste Okt ‘n sekere tyd bymekaar kom! Weird droom! LOL! seker omdat SA so na aan my hart is! 🙂

  8. Ek heg nie normaalweg waarde aan drome nie, maar ek het eenmaal ‘n droom gehad wat my koponderstebo gedraai het. Nou dink ek dat drome dalk somtyds ‘n boodskap het.

  9. Hallo Nikita, ek sal maar more my reenjas aantrek. 😉 Ek weet min van drome af. Dit was vir my baie interessant om te hoor dat ‘n droom net ‘n paar sekondes duur, al voel dit lank. Sjoe, ‘n mens se brein is darem snaaks en wonderlik. 🙂

    Hi Boendoe, dit is baie interessant! Ek hoop dit was ‘n goeie boodskap! Ek wonder of dit maar net was omdat jy met die gedagtes gestoei het, en of dit werklik ‘n boodskap vir jou was. Ek weet daar is mense wat drome baie ernstig opneem.

    Dankie vir julle twee se inloer. 🙂

  10. Vir my is sommige drome uiters relevant, en ander is net ‘n samekoms van die dinge wat in my kop is. Probeer die sif wat belangrik is en die wat nie is nie.
    Drome is vir my ‘n aanduding was dit belangrik is oor die wat in my lewe aandag nodig het, soms is dinge verskuil in beelde en metafore. Soms is ‘n motor nie ‘n motor nie, maar wel ‘n voertuig of ‘n middel om erens te kom.
    Om te bestuur = in beheer te wees.

  11. Hi Rosa, soos oor baie dinge het ek nog nie besluit wat drome beteken, of dan meer spesifiek vir myself beteken nie. Al wat ek dink, is dat ek nie sal droom oor iets wat glad nie in my brein is nie, dus iets wat ek nog nooit aan blootgestel is, bewustelik of onbewustelik nie, al word dit so deurmekaar geskommel dat dit nie noodwendig sin maak nie. Nou dat ek so vir jou skryf, wonder ek of onderbewyssyn ook maar stroombaan vasgelegde gedagtes is, en waar ‘n mens se onderbewuste fisies in die brein voorkom? Ons breine … nog ‘n magdom kennis om te weet of nie van te weet nie.

  12. Kyk hoe glinster die maan…dreams…


    Annerkant..dit het my so pas bygeval dat ek ‘n tydjie terug ‘n inskrywing oor drome gemaak het…jy kan gaan loer as jy tyd het, daar’s ‘n klomp skakels ook, selfs een na Olive Schreiner se boek wat sy oor drome geskryf het. Ek se ook soos Boendoe, heg nie veel waarde aan drome nie, maar weet jy, ek het 3 keer in my lewe so ver drome gehad oor familie-begrafnisse…gewoonlik so paar dae voordat ‘n betrokke familie-lid tot sterwe gekom het, die eerste keer my ouma en toe dit die tweede keer gebeur het, toe laat dit my nogal “koud” en ek het begin worry en gedink wat daarvan as ek sulke drome kry in die toekoms, dan gaan ek weet iets gaan gebeur met iemand, die tweede keer my skoonpa en ek het intussen weer so ‘n droom gehad, maar ‘n hele ruk terug(byna 2 jaar terug) en baie onlangs is my een swaers oorlede…dus, moeilik om te se…ek weet nie of mens waarde moet heg of nie…maak my net erg bekommerd…want as ek so iets droom, dan begin ek wonder…”wie’s volgende!”

  13. Nikita, baie dankie! Ek gaan eers jou inskrywing oor drome lees in die week wat kom, voordat ek daaroor kommentaar lewer. Dit moet angswekkend wees om regtig oor veral sulke hartseer en traumatiese dinge soos iemand se dood, voor die tyd te weet. Wat doen ‘n mens? Waarsku so iemand sodat die persoon “voor kan berei”? Dit moet erg wees. Moontlik was dit net “toeval”. Dieselfde dinge wat so in groepe bymekaar gebeur, soos jou drome en die “gevolg”, is nogal vreemd. Dalk is mens net meer ingestel om dinge bymekaar agter te kom, of dit weer te bewerkstellig omdat jy dit ervaar het. Maar wag, ek begin nou nonsens skryf. Skryf weer vir jou wanneer ek jou drome inskrywing gelees het. 🙂

  14. hi annerkant, ek het my dalk nie goed uitgedruk nie, die drome wat ek gekry het, was oor familie, maar ek het nie in die droom self geweet wie in die familie nie. Maar dit het begin “scary” word toe ek die derde droom gekry het. Ek was baie verlig toe daar vir maande niks gebeur het nie, want ek het sommer verwag iets gaan gebeur onmiddellik daarna…hopenlik droom ek nie weer oor so iets nie. Dis soos jy se, dalk toeval. Lekker week!

  15. Annerkant, lees maar gerus Job 33, terwyl jy aan jou drome dink en moontlik sal jy sin daarin kan sien.

    Job 33:14 Want God spreek op een, ja, op twee maniere; maar die mens let daar nie op nie.
    Job 33:15 In die droom, in ‘n naggesig, as diepe slaap op die mense val, tydens sluimeringe op die bed,
    Job 33:16 dan open Hy die oor van die mense, en Hy druk die seël op die waarskuwing aan hulle;

    As ek die onderstaande lees, dan sal ek nie die Ou Testament so letterlik op neem nie. Daar blyk boodskappe daarin te wees, wat mense nie aldag besef nie.

    Gal 4:24 Dit is sinnebeelde, want dié vroue staan vir twee verbonde: een, van die berg Sinai afkomstig, wat vir die slawerny kinders baar—dit is Hagar;

Lewer kommentaar op rosalindfranklin Kanselleer antwoord