Bewussyn

Daar het al ‘n hele paar onbeplande dinge met my gebeur vandat ek weer op ‘n geestelike pad beland het voordat ek ‘n boek van Louise Hay raakgeloop het.  Ek het geen idee gehad wie Louise Hay is nie, en het al ‘n taamlike ruk stukkies in die boek gelees voordat ek meer oor haar te wete gekom het.  Ek was verbaas toe ek vir die eerste keer ‘n foto van haar sien, want sy lyk heel anders as wat ek gedink het sy moet lyk. :)

Ek het haar boek op ‘n uitverkoping raakgeloop voordat ek sulke “selfhelp” boeke begin lees het.  Ek geniet dit deesdae om selfhelp en “spirituele” boeke te lees, maar ek neem die meeste daarvan, en veral die meer metafisiese daarin, nie te ernstig op nie, en betrag dit met ‘n soort van nuuskierigheid.   Maar hierdie tipe boeke is gewoonlik baie positief en opbouend, al lees ‘n mens dit net.  Omdat ek ervaar dat dit nie ‘n negatiewe gevolg het vir myself of enige iets of iemand rondom my nie, en dit my nie keer om nog te ondersoek en wetenskaplik te dink nie, het ek al ‘n paar goedjies begin “toets” in my persoonlike lewe, ook maar so half ligtelik en skepties, maar soms met verrassende gevolge.  Louise Hay se boek het beslis ‘n verdieping en vrede in my gemoed gebring.

Nou hoe kom ek by die titel “bewussyn” uit?  Hierdie week is ek te moeg in die aande om ‘n meer akademiese inskrywing aan te pak, en toe hierdie in my skoot beland, was ek maar te bly, want ek is tog lus om te skryf.  ‘n Interessante inskrywing oor bewussyn op Johan Swarts se blog en die daaropvolgende intelligente en lewendige kommentare daarop het my gisteraand geboei.  Ek koppel liewers nie hierdie inskrywing oor bewussyn daar na hom toe nie, want ek dink hy sal nie so ‘n oordaad strooi van liefde daar by hom waardeer nie. ;) 

Die boek, Meditatons to Heal Your Life, bestaan uit amper so iets soos “dagstukkies” met ‘n gedagte per bladsy.  Die inleiding sluit onder andere die volgende in: “Begin reading anywhere in this book.  Open it at will.  The message will be perfect for you at that moment. …”  “Dit is net soos die mense wat die bybel oopslaan om ‘n antwoord of leiding te kry.” het ek gedink.  Ek het dit nog nooit probeer nie, en het daar en dan die boek ewekansig oopgeslaan.  Dit het oopgeval by “Planetary Healing”.  Dit was teleurstellend.  Alhoewel ek probeer om darem nie die aarde te veel skade aan te doen nie, beskou ek myself nie as besonder “groen” nie, en om eerlik te wees ek het ook nie baie erg aan die mensdom se welstand nie.  Hierna het ek baie stukkies so met tyd in die boek gelees.  Dit is besonder positief, en ek kan die verbetering van my gemoedstoestand nadat ek gelees het merkbaar voel.  Meestal voel al haar gedagtes net vir my reg en sinvol.  Maar telkens wanneer ek ewekansig probeer oopslaan het, het dit oopgeval by “Planetary Healing”.  Op ‘n stadium het ek  maar besluit die boek is seker daar fisies meer oopgevou, en dit is hoekom dit gebeur.  Maar een oggend het ek regtig iets spesiaal nodig gehad, en waarlik, die Louise Hay stukkie wat ek lees is toe net nommerpas.

In elk geval, ek lees gereeld in die boek.  Vanoggend slaan ek toe sommer weer vir interessantheid die boek oop, en waarop sou ek land? “Consciousness”. :)  Dit is nie presies die bewussyn van Johan se inskrywing nie, en ek wil dit nie verder ontleed hoekom ek daar beland het nie.  Waarskynlik is daar ‘n verduideliking daarvoor. :)  Die positiewe herhalings by die stuk is:
“My power comes through the use of my mind” en
“What I see in my world is a mirror of what I have in my mind”.

Hier is ‘n paar sinne uit die “Consciousness” stukkie, vrylik in Afrikaans vertaal (dit is moeilik om te vertaal, maar ek probeer):

“Ek is suiwer bewussyn.  Ek kan hierdie bewussyn gebruik op enige manier wat ek begeer.  Ek kan kies om bewus te wees van die “realm” van gebrek en beperkinge, of ek kan kies om bewus te wees van die “realm” van oneindige eenheid, harmonie en “wholeness”. … Ek is bewussyn.  Ek is energie.  Ek is veilig.  Ek hou aan om te leer en te groei en om my bewussyn te verander en my ervaring te verander.  Alles is goed.”

Daar is ander stukkies wat baie meer beteken, maar ek het nou “bewussyn” oopgeslaan.  Ek verstaan tot vandag toe nie hoekom ek so moes vashaak by die “Planetary Healing” nie.🙂

 Hier is ‘n video van Louise Hay waarin sy gesels oor hoe jy jouself lief kan hê:

6 Responses

  1. Ek het baie van hierdie inskrywing gehou Annerkant! So lekker positief!

    “My power comes through the use of my mind” en
    “What I see in my world is a mirror of what I have in my mind”.
    Dit is so waar!

  2. Interessant annerkant. Interessant op verskeie vlakke. Een ding wat ek interessant vind is die manier wat jy skryf oor die sinkronisiteit van hoe die boek oopval op sekere plekke en hoe dit dan vir jou betekenis het. Ek neem aan dat mens daarin ‘n sekere spiritualiteit kan sien. ‘n Christen sal dalk glo dat dit God is wat die boek so laat oopval om met mens te kommunikeer, nogtans dink ek nie dat die regte manier is om met God te kommunikeer nie. Hoe sien jy dit?

  3. Hi Wipneus – dit is regtig ongelooflik hoeveel ‘n mens se denke ‘n invloed op jou lewe het.

    Hallo Flippiefanus – Jong, ek is regtig baie, baie eerlik as ek se dat ek dit nie regtig ontleed of daaroor dink nie. Dit is vir my amper ‘n simboliese “oorgee” om geleer te word. Dit kan net sowel wees dat daar so baie stukkies is wat gepas is vir baie omstandighede, dat dit altyd voel asof dit gepas is. Of ek dink dit is reg om op so ‘n manier met God te kommunikeer? Ek dink dit hang eerder af wat ‘n mens se konsep van God is. Ek sal nog daarby uitkom, maar ek dink ons is “in God” (en nie noodwendig dat ons self God is of God in ons is nie). Daarom dink ek dit is nie regtig ‘n versoek of aandring op ‘n wese nie, maar eerder maar net ‘n manier om te se – as ek gelei kan word, lei my asseblief. Maak dit sin?

  4. Flippiefanus, wil net aanlas en in perspektief plaas. Dit is darem nie dat ek glad nie daaroor wonder nie, maar ek neem dit maar vir wat dit is, en waardeer dit net. Ek lees gereeld in die boek, en maak maar min kere so ewekansig oop. Ek basseer ook nie my lewe en besluite daarop nie, ek vra nie sulke tipe vra en slaan dan die boek oop nie, dit is maar net spiritueel en opbouend.

  5. […] ‘n baie persoonlike ervarings- en gevoelsbelewing.  Ek het onder andere gereeld stukkies uit Louise Hay se boek gelees.  Dit was wonderlik.  Dit is moeilik om dit te beskryf.  Ek het rustiger, meer tevrede, […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: