Blogtoekenning: deel die liefde :)

FlippieFanus het my tegerlykertyd onkant gevang, besonder geëerd, verleë, goed, spesiaal en benoud laat voel met ‘n Sharing the Love toekenning aan my blog. Baie dankie, FlippieFanus.  Dit is lekker om te weet iemand lees en waardeer my skrywes en gedink, en veral as dit iemand is wie se blog ek self besonders baie geniet en by wie ek leer, al verskil ons menings en oortuigings soms lynreg van mekaar.  Die feit dat jy my opreg vind is vir my besonder baie werd, maar die feit dat ‘n Sharing the Love toekenning is, is nog ‘n groter warmte om die hart, want ek is ondere andere op hierdie aarde om liefde te gee, en as ek aan mag haal “… en die belangrikste hiervan is die liefde”. 🙂

Die toekenning, as ek reg verstaan, word gemaak aan ‘n blog wat ‘n mens geniet om te lees, en wat ‘n mens positief laat voel.  Ek moet hierdie liefde en waardering weer op my beurt aan drie blogs toeken.  Dit is tegerlykertyd vir my ‘n eer en baie moeilik.  In die relatief kort tydjie wat ek blog, kon ek nog nie by baie mense se blogs gaan kuier nie, maar elke een bring iets spesiaals in my lewe in.  Die mense, veral die wat gereeld by my blog inloer, en my so tuis en spesiaal laat voel, en wie se blogs ek lees en wat ek nie hieronder insluit nie, die toekenning behoort eintlik aan julle ook.  Dit is erg dat die reëls ‘n mens net tot drie beperk!  Ek gaan die reëls verontagsaam en ken die Sharing the Love toekenning aan die volgende drie blogs toe (ook in geen volgorde van belangrikheid of voorkeur nie):

Deel-die-liefde toekenning.

Sharing the Love toekenning.

Rosalind Franklin het geen bekendstelling nodig nie.  Ek dink sy verstom almal met haar ongelooflike kennis!  Sy het meer tot my persoonlike groei bygedra in ‘n kort tydjie as meeste ander mense in my lewe.  Alhoewel sy so baie weet, en altyd reguit en eerlik is, het sy ook hierdie besondere emosionele sy, en sy kry dit altyd reg om ‘n mens baie spesiaal te laat voel.  Ek mis nie ‘n inskrywing van haar nie. Sy kry dit altyd reg om ‘n mens effens na jou asem te laat snak oor die mooi daarvan.  En ek hou daarvan dat sy so lief is vir hondjies. :)  Dankie, Rosa.

Wipneus se Onder die Maan en Sterre.  Wipneus was een van die eerste mense wat my blog kom lees het.  Ek weet nie waar sy al haar energie en tyd vandaan kry om so ‘n opwindende en interessante blog (meer as een!) te skryf nie, en dan nog by omtrent almal in te loer en dit nog steeds regkry om ietsie besonders kommentaar te lewer wat, ten minste vir my, laat voel dat sy spesiaal jou blog lees, nie.  Sy laat altyd so ‘n gelukkig glimlagstrepie vol sterretjies in haar spoor agter, en ek lees haar dikwels opwindende bloginskrywings baie graag.

Laastens, maar nie die minste nie, die Stellenboscher, Johan Swarts se blog.  Hy en sy blog fassineer my.  Ek wonder nog steeds hoe ‘n mens ‘n studie vir ‘n graad kan doen deur blogs en blogmense te bestudeer😉 , en ek probeer agter kom wat sy metodiek is.  Dit is baie lekker om sy blog te lees, en ‘n  mens kan nogal by hom leer oor blogskrywery en hoe om mense te betrek. Sy humor veroorsaak dikwels dat ‘n  mens met ‘n lag sy blog verlaat. … en ek moes hom benoem, want hy sê ek skryf goed … ek moet nog vra taalkundig of inhoudsgewys.😉

Wel, baie dankie sommer aan almal.🙂

5 Responses

  1. Geluk met jou toekenning, jy verdien dit!

    Baie dankie dat vir my toekenning Annerkant, ek voel so geëerd! Hoe lekker om so toekenning op ‘n Maandag-oggend te kry.

    Natuurlik lees ek spesiaal jou blog. Ek is saam met jou op ‘n reis! Jou blog is dan ook een van my gunstelinge!

    Ek gaan die volgende tydjie bietjie skaars wees, my ma is siek en ek moet aandag aan haar gee. Daar kom ‘n dag dat mens besef jou ouers word oud en hulle het jou nodig. Dan is dit tyd om terug te betaal aan alles wat hulle vir jou gedoen het!

    Baie dankie vir jou mooi woorde! Ook baie geluk aan al die ander wat hierdie toekenning gekry het.

  2. Annerkant, jy laat my baie spesiaal voel. Jy blog is vir my verrykend en ek is so bly dat jy hier saam met ons skryf en geselfs.

    Ek kuier vreeslik leer met jou.

    Baie, baie dankie.

  3. Wipneus, dankie. Ek gaan nooit van jou blog af weg sonder ‘n glimlag nie, al raak jy soms vies vir sekere dinge in die wereld. Ek het darem nog nie gesien dat jy vir die sterre vies raak nie.🙂 Sterkte met jou Ma! Hoop sy word gou beter, en dat julle ook darem kwaliteit tyd saam sal he!

    Rosa, maar jy IS spesiaal!

  4. inhoudsgewys. maar jou taal is glad nie sleg nie😉

    dankie vir die toekenning! ek waardeer dit. ek’s veral bly as ek jou kan laat lag🙂

  5. Johan, kon nie dink dat dit die taal is nie. Ek verdwaal soms in my eie lang sinne.🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: