Lente het gekom!

Al is dit nog stowwerig en droog, is die lente hier, en dit het my sommer lus gemaak om ‘n gediggie te skryf. (foto van flickr af)

 

Lente

fyngroen blaartjies stoot versigtig, eers ongemerk, deur die wintergrys
en alles hou asem op, net ‘n oomblik
en sug dan in onbeskaamde behaaglikheid
wanneer die lente oop vou
in al haar glorie en malle baldadigheid
met lag wat borrel in voëltjiesang wat jubel in die nuwe lug,
eers stort sy groen in alle skakerings uit
en dan raak sy skoon verspot
en strooi helder kleure net waar jy kyk:
lente het gekom!
Lente in Namakwaland

3 Responses

  1. Dit is ‘n mooi gedig, dit maak mens sommer lus vir die Lente!!

    eers stort sy groen in alle skakerings uit
    en dan raak sy skoon verspot
    en strooi helder kleure net waar jy kyk:
    lente het gekom!

    ….. dit is so vrolik!!

  2. Ek hoop jy vind die antwoorde rondom ‘God’ en dat dit jou lewe sal bekroon soos hierdie pragtige lentegedig jou blog versier en meer.

  3. Dankie, Wipneus en Mefri.🙂 Ek geniet lente of die begin van somer sommer baie. Ek is bly julle het die gediggie geniet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: