Gene vir God I

Vir ‘n lang tyd in my lewe, vandat ek die besluit geneem het om nie verder te huigel nie, het ek godsdiens, of in der waarheid enige iets wat met geestelikheid of spiritualiteit te doen het, vermy.  Dit was nie goed vir my persoonlik nie.  Ek het ‘n behoefte om spiritueel te wees, en vandat ek spiritualiteit weer in my lewe plek begin gee het, het alle aspekte van my lewe verbeter.

Dit bly ‘n tergende vraag in my binneste: wat is hier in my diepste denke of menswees of “gut”, weet nie mooi hoe om dit te definieer nie, wat “glo” daar is ‘n God of iets anders wat groter en omvattender is as wat ons hier op aarde beleef?  Hierdie is ‘n gevoel, maar dit wil ook voorkom of dit ‘n “vaste wete” kon wees.  Uit persoonlike ervaring weet ek hoe ‘n ongelooflike invloed emosies en die “chemie” van jou liggaam selfs op nugtere denke het.  Om sommer net te aanvaar dit is omdat dit so is dat ek dit so ervaar, is nie noodwendig die werklikheid nie.  Ons behoefte om die wete van ons uiteindelike einde (dood) te verwerk, is ook ‘n geweldige behoefte wat ek persoonlik dink agter baie van ons behoefte aan ‘n God sit.  Nou waar sou ek begin soek na ‘n antwoord, of ten minste net ietsie meer daaroor uitvind?

Een plek om te begin soek is om meer uit te vind oor iets wat ek iewers langs die pad gelees of gehoor het: “om aan ‘n God te glo is in ons in “geprogrammeer””.  Ek het nog nie werklik gaan kyk waar die klok hang nie, en het besluit om te begin om die storie agter die storie te gaan opsoek.  Gelukkig weet ek darem ‘n klein bietjie van genetika en biologie af.  My soektog op Google met o.a. die soekwoorde “gene” en “God” het ‘n hele lot te lees opgelewer.  Ek het inligting van twee bronne af gaan bekyk: eerstens ‘n artikel in Time Magazine , al van 2004 (genugtig, ek moet meer tyd maak vir lees, weet nie wat aangaan nie!).  Hierin het ek onder andere agter gekom dit gaan hoofsaaklik oor die navorsing van ‘n genetikus en sy boek daaroor: Dr. D. Hamer, The God Gene: How Faith is Hardwired into our Genes.  Met hierdie inligting het ek ook drie inskrywings op Wikipedia gelees: God_gene, inskrywing oor Dean Hamer en oorsprong van godsdiens.  Natuurlik is hierdie maar net ‘n begin van uitvind waaroor dit gaan en wat al bekend is, en onthou, daar is al die “junk” om deur te sif.  Nie maklik nie.  Hierdie is my blog, en ek wil net graag my eie bewuswording en soek na kennis en geestelikheid weergee, en my bietjie tik hier sal baie onvolledig wees, en nie noodwendig ‘n akkurate opsomming of weergawe nie!  As jy self belang stel, sou ek voorstel jy moet jou eie navorsing daaroor doen en vir gemak dalk by hierdie boek van Hamer, Times-artikel en Wikipedia inligting begin, nie my blog nie!🙂 Jammer, hoor.🙂

Voorblad van Time Magazine met artikel oor "The God Gene"

Voorblad van Time Magazine.

Om te begin gaan ek net ‘n paar interessante en kernstukkies uit die Times aanhaal, in ‘n volgende blog uit Wikipedia, en sal in ‘n verdere blog neerskryf wat ek daaruit vir myself gekry het, en wat en hoe ek dink ek moet verder nalees of te werk gaan.  Hopelik is daar iemand wat hier lees wat insig het, nog inligting of kennis hieroor het, of wat ander bronne voor kan stel.  Ek sal dit baie waardeer!

Uit die Times:

“Ask true believers of any faith to describe the most important thing that drives their devotion, and they’ll tell you it’s not a thing at all but a sense—a feeling of a higher power far beyond us. Western religions can get a bit more doctrinaire: God has handed us laws and lore, and it’s for us to learn and practice what they teach.”

…”But that, in turn, has raised a provocative question, one that’s increasingly debated in the worlds of science and religion: Which came first, God or the need for God? In other words, did humans create religion from cues sent from above, or did evolution instill in us a sense of the divine so that we would gather into the communities essential to keeping the species going?” … o hene, hier steek evolusie al weer sy kop uit.😉 Meeste wetenskaplikes sal hierdie bekend vind, alhoewel alles natuurlik nie altyd so eenvoudig is nie: “Humans who developed a spiritual sense thrived and bequeathed that trait to their offspring. Those who didn’t risked dying out in chaos and killing. The evolutionary equation is a simple but powerful one.”

“People have been wrestling with the roots of faith since faith itself was first codified into Scripture. “[God has] set eternity in the hearts of men,” says the Book of Ecclesiastes, “yet they cannot fathom what God has done from beginning to end.” To theologians in the 3rd century B.C., when Ecclesiastes is thought to have been written, that passage spoke to the idea that while all of us are divinely inspired to look for God, none of us are remotely capable of fully comprehending what we are seeking.” Nota aan myself: Ek sal meer oor die “Book of Ecclesiastes” ook uit moet vind, of dalk kan ek selfs ‘n Engelse vertaling daarvan opspoor? Opwindend!

“Spirituality is a feeling or a state of mind; religion is the way that state gets codified into law. Our genes don’t get directly involved in writing legislation. As Hamer puts it, perhaps understating a bit the emotional connection many have to their religions, “Spirituality is intensely personal; religion is institutional.” Ek wonder hoe Godsdienstige mense hieroor sal dink of daarvan sal sê.

“For one thing, God is a concept that appears in human cultures all over the globe, regardless of how geographically isolated they are.”

Oo ja, en hier is dit: “One of those reasons might be that, as the sole species—as far as we know—capable of contemplating its own death, we needed something larger than ourselves to make that knowledge tolerable. “Anticipation of our own demise is the price we pay for a highly developed frontal lobe,” says Persinger. “In many ways, [a God experience is] a brilliant adaptation. It’s a built-in pacifier.””

“But the most important survival role religion may serve is as the mortar that holds a group together.”

Is dit nie wonderlik om te kan lewe, dink en lees nie?🙂

17 Responses

  1. Ek het ook die Time destyds gelees en ken die betrokke boek waarna jy verwys goed. Ken jy Sam Harris se boek: The End of Faith: religion, terron and the end of reason. Dit is net so lekker boek.

    En dan is daar Richard Dawkins se boeke, wat ek baie geniet. Die kwessie van kultuur (godsdiens is dalk een) wat meme word en meme werk net soos gene. Ons dra dit oor aan mekaar.

    Maar dink oor hoe het godsdiens ontstaan in die argeologie, baie der duisende jare gelede (voor enige van die huidige “godsdienste”) toe die mens hul dooies ritueel begrawe het. Die rituele, verfraaiing van lyke, kos en water ect beteken die mense het “geglo” daar is iets meer as die dood.

    Die kultuur is van stam tot stam oorgedra. En is versprei deur migrasie. Dit is hoekom verskillende kulture “dit het, want almal het van iewers afgekom.

  2. Ek geniet ook Dawkins se boeke baie. Ek snuffel ook gereeld oor hierdie dinge op die net rond 😉

  3. Blackmore – The meme machine
    Wells – The journey of man – a genetic odyssey
    Wolpert – Six impossible things before breakfast

    Is nog lekker boeke. Maar ek kry ‘n idee jy ken hulle. Dawkins se Ancestor’s Tale was vir my ‘n ongelooflike omvattende boek.

  4. Dit is so lekker om julle name te sien.
    Rosa, ek maar verwoed aantekeninge oor die boeke!🙂 Dankie, ek is ernstig as ek se ek het ‘n groot lugleegte in my lewe wat algemene kennis en lees betref. Daar is ‘n rede waarmee ek dalk op ‘n stadium uit sal kom. Ek weet van Dawkins en het al hier en daar ietsie gehoor, maar ek het nog nie een van sy skrywes gelees nie.
    Ek het op ‘n stadium by een van die Engelse blogs gaan inloer wat oor vroue se spiritualiteit gaan, en die dame van die blog het vir my ‘n boek aanbeveel wat sy dink ek moet eerste lees. Natuurlik kan ek nou nie onthou wat dit is nie. Ek sal dit soek en vir jou se. Sy gee ‘n hele lys boeke. Haar link is hier langsaan op my blog “Mommy Mystic” (vreemde skuilnaam, dink ek … klink nie baie professioneel nie). Jy kan dalkies vir my se wat jy van die boeke op lys dink as jy dalkies al van hulle gelees het en wil. Ek weet nie of dit op haar laaste inskrywing was nie. Was ‘n hele rukkie terug daar (nog net een keer).

    Oooooo ja, ek het nie geweet wat ‘n “meme” is nie!!, maar ek dink ek begin nou agterkom, dit is soos kultuur ens. wat oorgedra word van geslag tot geslag?

  5. Annerkant, ek waardeer jou sobere aanslag in hierdie post. Dis tog so frustrerend om altyd net twee gepolariseerde kante te kry – mal evangeliste en besete ateiste. Elkeen met ‘n groter agenda as die ander.

    Dis lekker om iemand raak te lees wat sommer net by die waarheid wil uitkom en sy / haar brein wil gebruik. Ek loer graag weer hier in🙂

    As ek mag vra, wat doen jy?

    ‘n Meem is soos ‘n file op jou hardeskyf wat homself kopiëer na ander hardeskywe. In fact, dis soos ‘n rekenaarvirus🙂 Die verskil is natuurlik die hardeskywe is ons koppe en die inhoud is kultureel van aard.

  6. Mense sal vir jou se dawkins is ‘n “besete ateis” soos Johan😉 hierbo se, en jawelwatookal, maar ek dink van sy werke is briljant.
    En dit is The Selfish Gene; The Blind Watchmaker en Climbing Mount Improbable. En dan The Ancestors Tale.

    mmmm ek kry nie lekker vat in die mistieke nie, net bloot dat dit interessant is. (dis nou boeke soos The Secret, is bollie volgens my)

    En dan is daar ‘n boek wat briljant is deur Carl Zimmer een van my gunsteling skrywers: Where did we come from.

    As ‘n meem eers in jou sit dan sit hy! dis is egter interessant om te sien wie breek weg…

  7. van dawkins se werk IS briljant.

  8. Johan🙂 Sober is ek nogal van geaardheid, maar met hierdie tammelletjie voel ek minder sober as totaal onseker, maar ‘n goeie ding eintlik, nou kan ek al die ekstremes se menings en wyshede uit ‘n taamlik neutrale hoek uit bekyk, hopelik sonder vooropstellinge.

    Nou weet ek ook sommer ‘n meme is ‘n meem, en jy het dit goed verduidelik.

    Wat ek doen? Sjoe, jong, ek het mos eintlik besluit ek wil anoniem bly om o.a. nie my ds. en pastoor besaaide familie in die verleentheid te plaas nie. As ek jou presies se wat ek doen, sal ek dit weg gee, want daar is min wat presies doen wat ek doen … daar gee ek dit eintlik al klaar weg🙂 … maar … ek is nie meer ‘n student in die ware sin van die woord nie, ai, dit sou lekker wees om weer een te wees. Ek doen navorsing in een van die biologiese wetenskap rigtings.

    Rosalind, jy wil vir my se dit is my meem wat my so gevange geneem het dat ek nie kan ophou twyfel nie, en nie weet watter kant toe nie? Kan ‘n mens dit uitsny?🙂

    Kyk, van jou lysie sal ek maar by Dawkins MOET begin. Sal ‘n leek sy boeke kan verstaan, of is dit baie tegnies?

    Oor die mistieke … dalk is dit my christelike meem wat nog steeds tot uiting wil kom … maar dit is die mistieke wat my weer terug gebring het na spiritueel toe. The Secret is bietjie spookasem, maar hoe meer ek begin om oor hierdie dinge te dink en lees, hoe meer kom dit tot uiting in my lewe op vreemde maniere, of dalk hipnotiseer ek net myself, of dalk sien ek nou eers goed om my raak. Weet nie. Hoop ek sal op ‘n stadium so van blog-tot-blog ordentlik daaroor met jou kan gesels.🙂

  9. Ooo ja, dit kan ook my “God gene(s)” wees wat my na spirituele ervarings toe laat reik, en nie net ligtelik bedoel nie.

  10. Annerkant ek is bly om jou blog te kon ontdek. Ek het jou al raakgelees by attie se blog maar nie besef dat jy jou eie blog het nie.

    Soos jy dalk sal onthou is ek ‘n Christen maar hopenlik nie een met ‘n agenda nie.😉 Ek kan ook voorstel dat jy Blue like Jazz lees van Donald Miller, en Mere Christianity van C.S. Lewis.

    Ek het Dawkins se Selfish Gene gelees en baie geleer daaruit. Maar nou ja Dawkins is definitief in aties MET ‘n agenda.

  11. […] August 2008 ‘n Interessante skrewe van Annerkant oor Gene vir God het my aan die dink gesit. Ek het besluit dat wat ek sou wil sê oor hierdie skrewe te lank sal […]

  12. Ek moet eers bietjie gaan dink en dit is nie iets wat ek gewoontlik op ‘n naweek doen nie. 😉
    Ek wonder of ek val onder die mal evangelis of beste ateis?

  13. Hallo Rustig🙂 Ek geniet die rustig van die onrustige.🙂 Ek sukkel ook maar partykeer met die dinkery, veral so in die aande.🙂 Soms kom ek met my hand om my hart terug na goed wat ek al geskryf het om net weer mooi te kyk wat ek nou eintlik geskryf het van wat ek oorspronklik bedoel het.🙂 Ek dink met rustig en onrustig (mooi gebalanseerd?) het jy waarskynlik ‘n goeie idee waar jy hoort, sonder om mal of besete te wees.😉

  14. Ooo ja, Flippiefanus, al gaan ek jou grootliks in ‘n blokinskrywing antwoord oor die besluit wat ‘n mens moet neem … dankie vir die boeke wat jy voorgestel het. Ek sit alles op ‘n lysie, en ek hoop ek sal daarby uitkom om al die boeke wat aanbeveel word (al ‘n groot hulp om te sif tussen alles wat al geskryf is!) in die hande te kry en te lees!

  15. Nee dit is juis omdat jy twyfel, wat beteken die meem is NIE is sterk in jou nie, jammer ek praat nou eers, maar ek was ademloos.
    Dis as daai meme so sterk is, dat mense nie kan wegbreek nie, ek glad nie skepties kan wees nie.

    Johan, sommer jou been getrek.

  16. 😉 Rosa, miskien omdat ek nie geweet het daar is iets soos ‘n meem nie.😉 Op ernstige trant, ek moet erken ek het ook langs die pad ‘n invloed of twee beleef van mense wat volkome ateiste is, maar dit was vir my moeilik om werklik ‘n christen te wees, al het ek hard probeer.

  17. […] Gene vir God I het ek bloot dele uit ‘n artikel in Time Magazine , oor die boek The God Gene: How Faith […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: