begin ‘n nuwe boek lees

Een van die lekkerder dinge in die lewe is om ‘n nuwe boek in jou hande te hou, en dit oop te slaan vir die eerste keer.  Die boek wat ek vanaand by die poskantoor gaan haal het, 50 philosophy ideas you really need to know (deur Ben Dupré), maak my opgewonde, en ek kan nie wag om dit te begin lees nie.  Ek het nog net die stofomslag se teenblad gelees,  en wil sommer al klaar daaroor skryf!

“Have you ever lain awake at night fretting over how we can be sure of the reality of the external world?  Perhaps we are in fact disembodied brains, floating in vats at the whim of some deranged master-scientist?”  Klink dit nie half bekend nie, die wonder oor die lewe en werklikheid?  Ek besef maar net elke keer … unieke denke is skaars.  Die skrywer gaan voort: “If so, you are not alone …” (sien?) :)  Die storie van die brein wat in ‘n vat lê met senuwee eindpunte wat aan ‘n super-rekenaar gekoppel is, en wat aan die brein die illusie gee dat dit in ‘n werklike liggaam in ‘n werklike wêreld lewe, is onder andere die tema van die fliek die Matrix.  Ek het die fliek baie geniet, en het gewonder of dit is hoe ons op die ou end moontlik vir langer sal kan lewe, of ten minste die kennis en ondervinding wat ‘n mens oor ‘n leeftyd bymekaar gemaak het, aan ‘n nuwe jong brein oor sal kan dra.  Sou jy dan daarvan bewus wees, en hoe sal die nuwe bewuste jou teenwoordigheid ervaar?  Mens se verbeelding kan jou op die wonderlikste reise neem.

Die boek is ‘n bekendstelling van die Westerse filosofie vir die oningeligte.  Dit dek tydperke van die antieke Grieke af tot nou.  Ek is seker ek sal later nog beter boeke oor die filosofie ontdek, maar vir eers is hierdie een net reg vir my.  En nou gaan ek hier toemaak en lees …🙂

9 Responses

  1. Hi Annerkant ek is ook mal oor filosofie boeke, eindelik is ek mal oor enige boek! hahaha!

    Ek was so agter met jou blog, ek het nou lekker gelees aan al jou inskrywings!!

    Dankie!

  2. Sjoe, dankie weer vir die inloer, en lees!, Wipneus. Ek waardeer dit baie. Ja, boeke is baie spesiaal.

    Jou blog en hoe jy dink is vir my ‘n inspirasie, maar dit sal my ‘n rukkie neem om deur al jou inskrywings te lees!😉 Ek het ook na jou Engelse blog gaan kyk, en ek kan nie wag om daar ook te begin lees nie. Ek dink ek gaan nog baie by jou leer. … Wens net daar was meer tyd en energie vir lees, maar aan energie lyk dit nie vir my jy kom te kort nie!🙂

  3. Annerkant ek laaik hoe jou kop dink.

    As iemand vir my moet vra wat op aarde moet ek red, dan se ek se: boeke. Of dan die geskrewe woord/die aksie lees.

    Want sonder dit, kan jy nie weet nie en jy kan nie dink nie. Wanneer boeke gebrand word fisies of simbolies, dan is dit donker.

    Want kennis neem jou na plekke buite jouself, in jouself en na ander. Nagte wakker le? Dit is ‘n pragtige aanhaling.

    Dankie vir die pragtige inskrywing.

  4. Hallo Rosa
    Regtig dankie vir jou kommentaar. Ek voel ge-eerd dat jy so positief daaroor dink, want ek dink jy is al baie langer op die dink-pad as ek, en dit is ‘n eerlike kompliment vir jou, hoor. Boeke is regtig baie besonders, om iemand anders se belewenisse, kennis en wysheid te mag vat vir jouself. Soms is dit natuurlik ook moeilik om tussen twak, halwe waarhede en goeie skrywe te onderskei, veral as dit buite jou vakgebied is.
    Ietsie “persoonlik” – my Ma het my weer vanaand gebel en vir my ‘n stukkie gelees wat teen die “Secret” (jy ken seker die boekie) waarsku, en hoe dit demonies is, en ‘n herlewing is van dit wat die mens laat val het, en dat dit mense laat struikel, en nie toegelaat moet word nie. Die “Secret” was baie interessant, maar ver van die magiese af, en ek het dit nie eens so hoog aangeslaan nie, maar wanneer ek my Ma so hoor praat of aanhaal (… dit beteken nie ek het haar nie baie lief, en het respek vir haar nie …), dan maak dit my bang, want ek kan die intolleransie hoor teenoor enige iets wat nie inpas by haar en ander in haar godsdiens se siening nie.
    Skies, ek moet seker nie ‘n hele inskrywing vir jou skryf nie.🙂
    Jy moet asseblief verskoon, veral in die maande wat kom sal ek maar min hier by WordPress uitkom en seker ook maar min skryf. Jou blog sal egter een van die plekke wees wat ek dan sal besoek. Ek hou ook baie van die manier waarop jou brein werk.🙂🙂 Mooi bly en geniet die boeke!

  5. Hi, jammer om te hoor jy gaan min blog, maar ek besef jy gaan seker elders besig wees.

    Jy weet, met respek teenoor jou ma (en ek verstaan, mens is nie minder lief vir jou ouers as jy verskil nie), maar mense is geneig om dit wat anders is nogal weg te gooi, “demonies” is ‘n gewilde woord. En die meriete-beoordeling aan verlore. Ek stem met jou.

    The Secret was vir my ‘n klomp lou-water nonsens, wat glad nie eens “nuut” is nie. En is my eerlike opinie.

    Onverdraagsaamheid maak my ook bang, op soveel vlakke. OOP! bepleit ek. Hoekom, as jy seker is in jouself, raak mense so bang om wyer te dink.
    Mooi wense vir jou!

  6. lekker gelees en is nou lus vir loop lê en lees…maar moet regop sit…familie kom koffie drink

  7. Hallo Cebella.🙂 Baie dankie vir die inloer. Jy sal nie glo nie, maar ek het die boek al omtrent twee maande, en het nog nie kans gehad om dit behoorlik te begin lees nie! Altyd iets anders wat gedoen moet word, soos familie wat koffie kom drink! Hoop dit kuier was darem ook lekker.🙂

  8. […] public links >> boek begin ‘n nuwe boek lees Saved by DCook on Tue 23-9-2008 Die gat in die ism Saved by namho on Thu […]

  9. Hi DCook – Ek weet nie of jy weer hiernatoe terug gaan kom nie, of nou weet wat hier aangaan nie, maar dankie vir die tag. Ek weet nog nie mooi hoe hierdie prosesse werk nie, weet nog net van gewone koppelinge. In elk geval, baie dankie.🙂 Ek het toe nog nie regtig die boek begin lees nie,🙂, met al my voornemens.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: