wat is, is?

Vandag het ek  ‘n punt daarvan gemaak om ‘n bietjie tyd te maak om ‘n boekie te begin lees oor een van die onderwerpe wat besig is om ‘n groot verskil in my lewe te maak en wat daartoe bydra dat positiwiteit besig is om my lewe in te filtreer met goeie gevolge.  Ek het die eerste keer daarmee in aanraking gekom toe ek ‘n, op die oomblik baie populêre boekie, met die naam The Secret (deur Rhonda Byrne) gelees het.  Die Secret het omtrent mense gaande en dit het op ‘n stadium soos soetkoek verkoop, sodanig dat ‘n mens gesukkel het om dit in die hande te kry.  Die idees daarin en die manier waarop dit voorgedra word is opwindend en asemrowend.  Dit gryp ‘n mens werklik aan en dit is baie positief.  Dit het my egter gepla dat die idees en sentrale boodskap daarin maar baie oppervlakkig en om onmiddellike bevrediging en fisiese rykdom draai.  Daar is niks mee verkeerd nie, maar nie iets waarop ‘n mens jou lewe kan skoei nie, en nie ‘n antwoord op ‘n godsdienstige of geestelike dilemma of soeke nie.  Daarom probeer ek in die tydjies wat ek tot by my beskikking het effens meer daaroor uitvind. 

Ek het ‘n ander boekie raakgeloop  Law of Attraction: the Secret Behind the Secret deur Michael Losier.  Dit is nie ‘n filosofiese of teoretiese boekie nie, maar ‘n praktiese handleiding om die Wet van Aantrekking (seker hoe ‘n mens dit sou vertaal) te beoefen.  Daar is ‘n legio boeke en inligting oor die “Law of Attraction” wat al vanaf die vroeë 1900s geskryf is, soek maar net in enige elektroniese boekwinkel daarna.  Waarskynlik sal nou nog soveel meer daaroor geskryf word omdat die idee so populêr begin word, en ‘n boek hieroor goed sal verkoop.

Maar ek wil ook nie eintlik spesifiek oor die Wet van Aantrekking skryf nie.  Daaroor weet ek ook nog te min, maar ek wou dit opsluit ook graag hier deel en sommer vanaand.

Wat  my aangemoedig het om vanaand weer te blog, was die volgende stukkie, en ek haal aan:  “It’s important to understand that the Law of Attraction is already existing in your life whether you understand it or not”.   Dit is die probleem wat ek nog met tradisionele godsdienste het.  Indien die essensie van ‘n godsdiens werklik bestaan, sal dit bestaan, sonder enige twyfel, en sal dit nie nodig wees om jouself daarvan te oortuig nie.   Ongelukkig moet ek hier weer ‘n voorbeeld uit christenskap haal, want dit is tog die godsdiens en oortuiging waarin ek groot geword het, en wat ek vir myself moet verwerk.  Indien daar plekke soos ‘n hemel en hel sou wees,  en ‘n drie-enige God en Jesus Christus as verlosser deel daarvan is, en niks anders nie, sou ons dit weet, sonder enige twyfel.  Veral as ‘n mens dan ook op die koop toe ‘n verskriklike belangrike besluit oor jou lewe en oortuiging moet neem wat jou in die hemel of hel kan laat beland, vir ewig!  Hoe kan jy hierdie besluit neem as jy nie die werklikheid sonder twyfel weet nie?  Hoe kan ‘n mens so ‘n besluit neem op grond van vaaghede en mense se oortuiginge, wat nie altyd op die oog af met die bietjie werklikheid wat ons ken, rym nie? 

Dit is nog iets wat ek vir myself uit moet sorteer …

Ek skryf nog maar baie rond en bont, want daar is so baie dinge wat ek al ontdek het en waaroor ek dink, en wat ek graag neer wil skryf.  Nou dat ek so ver gekom het om te begin skryf of selfs te vertel, en besluit het ek gaan nie daarvoor in die ewige vuur brand nie, is dit of alles gelyktydig uit wil borrel.  Op ‘n stadium sal ek ‘n chronologiese weergawe begin skryf wat meer sin sal maak.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: