Passie en sukses

Wat dra by tot sukses in ‘n mens se lewe?  Die antwoord kan ‘n mens dikwels kry deur te kyk wat suksesvolle mense doen en hoe hulle dink.  Dit is goed om so nou en dan daaruit weer inspirasie te vind vir elke dag se taak en om na sukses te streef in ‘n mens se eie doelwitte.

Ryk Neethling

Ryk Neethling

Daar is sekerlik min Suid-Afrikaners wat nie sal weet van wie ‘n mens praat as jy die naam “Ryk Neethling” noem nie, en ek praat nou nie van sy voorkoms nie.  ;)  Hy het van die hoogste sporte in swem bereik, en gaan nou die vierde keer aan die Olimpiese Spele deelneem.  Ek dink ‘n mens sou kon beweer dat hy suksesvol is.   ‘n Dag of wat gelede maak ek die nuutste Rooi Rose, van Augustus 2008, oop en vind ‘n artikel oor hom deur Suzanne Venter geskryf.  Ek het vinnig na die foto’s by die artikel gekyk … wie glo my?  :)   Die onderhoud met hom en sy antwoorde op vrae wat sy vir hom gevra het, is ‘n inspirasie.  Sukses hang nie net van talent af nie, en dikwels volg dit op harde werk en deursettingsvermoë.  Baie keer gaan dit ook met opoffering gepaard.  Op die vraag wat hy nie sal mis wanneer hy ophou om professioneel te swem nie, het hy geantwoord “Die ys op die watervlak as jy op ‘n winteroggend moet inklim.”  Dit blyk ook uit sy antwoorde dat dit nie altyd maklik is nie en hy noem dat hy al ongelooflike geleenthede moes opoffer ter wille van die swem en dat hy feitlik nooit vakansie kan hou nie.  Wanneer ‘n mens deur sy oefenprogram lees, snak ‘n mens na jou asem.  Op die vraag oor tye wat hy lus voel om handdoek in te gooi, het hy geantwoord dat dit selde gebeur, maar dat ‘n mens dit nooit moet doen nie, want sukses is gewoonlik dan om die draai.

Die grootste inspirasie het ek uit sy beskrywing van sy oefening en voorbereiding geput. Sy woorde: “Dis harde werk, maar ek is gewoond daaraan! Fisiek is dit veeleisend om jouself daagliks vir vyf tot ses uur te druk,  maar dit is belangriker om jou elke dag psigies voor te berei op wat voorlê, anders swem jy net op en af.  Jy kry net alles uit elke oefensessie as jy met passie, fokus  en ‘n doel voor oë werk.”  Ek pas sommer sy woorde aan:

Jy kry net alles uit die lewe, en wat jy daarin wil bereik, as jy dit dag vir dag met passie,  fokus en ‘n doel voor oë aanpak en deurvoer.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: