Innerlike wete

Die gedenkdiens vir my vriendin en kollega wat so skielik oorlede is, is vanmiddag gehou.  Haar dood voel nog steeds so onwerklik.  Dit was ‘n besondere diens, en uit die eerbetoninge wat oor haar gelewer is, het dit duidelik geblyk dat sy self op ‘n geestelike reis en soeke was.  Dit het my so kwaad gemaak.  Ons vriendskap was maar ‘n jong vriendskap, en ek sou haar so graag beter wou leer ken en gedagtes met haar deel.  Daar het baie dinge gebeur en baie is gesê waaroor ek graag vanaand sou wou skryf, maar dit is soos gewoonlik so baie en so oorweldigend dat ek maar net een gedagte uit wil lig.  Die predikant se diens was besonder kort en treffend, en verbasend “nie-prekerig”.    Hy het gepraat oor hierdie lewe en  die ewige lewe  hierna, en dat die  dood maar net ‘n oorgang tussen die twee is.  Hierdie is bekende gedagtes.  Maar toe noem hy ook ‘n ander bekende gedagte,  wat my tot denke gestem het.  In my woorde herhaal: ons is eintlik twee mense, en een van hulle is die ware of egte self.  Die self wat vir ewig lewe, in hierdie lewe met ‘n liggaam en met ‘n brein met denke wat net tydelik is.  Binne-in ons elkeen is daar ‘n wete dat daar meer is as wat ons in hierdie lewe waar kan neem.  As ‘n mens eerlik na jou binneste gevoelens luister, is dit waar dat daardie gevoel van “iets meer”, deel is van jou.  Nou is die vraag of hierdie ‘n ware, moontlik God gegewe ervaring is van die werklikheid waarvan ons maar net “ten dele weet”, of is dit dalk net wensdenkery om die volslae einde van die dood te besweer, oorgedra van geslag tot geslag. Vriendin, kyk jy dalk nou hier oor my skouer, of is jou lewe en ervaringe bloot uitgedoof vir altyd?  Ek sou wat wou gee om dit nou met jou te kon bespreek.

5 Responses

  1. Ek wonder ook altyd oor hierdie dinge! Innige simpatie met jou verlies!

  2. Sterkte ons ken nie jou pyn nie, ek dink om ‘n vriendin te verloor is so goed om ‘n geliefde te verloor

  3. Hallo Wipneus. Sjoe, baie dankie dat jy sowaar hier kom kyk het, en regtig baie dankie vir die saam wonder en saam voel. Ek is nog bitter deurmekaar hier rond, en ongelukkig onthou ek so min dinge, dat dit maar moeilik is om al die name en blogs en goed bymekaar uit te bring. Maar jou blog daar onder die maan en sterre het ek sommer vinnig raakgesien, om verskeie redes, maar ook omdat jy in die “rekordboeke” boer hier tussen die blogs.🙂 Ek het nou gou gaan loer, en het jou stukkie oor die “slimmes” baie geniet. Slim is natuurlik ‘n baie relatiewe ding, maar dit het jy al lankal uitgewerk. Jou blog was een van die dinge wat dit vir my moeilik gemaak het om te begin skryf. Ek het skoon in verstomming gestaan vir jou raakskryf en humor.

    Liewe Neykie. Baie dankie vir jou kommentaar en besondere meegevoel ook. Julle is van die eerstes wat hier iets skryf en dit is seker hoekom ek sommer ‘n hele boek terug skryf.🙂 Jy is dapperder as ek, want ek het al na ‘n paar blogs gaan kyk, en is elke keer te bang om kommentaar te lewer. Ek dink jy moet ook al ‘n gesoute blogger wees. Jammer, jong, ek het nog nie jou blog raakgeloop nie, of dalk net nie jou naam raakgesien by jou blog nie, maar ek is seker ek sal jou erens ontmoet. Ek weet nog nie hoe om te soek nie.

    Ek wou eintlik net stil hier skryf, en het gehoop niemand lees nie, maar dit voel tog lekker dat ek sowaar kommentaar kry, en ek hoop om baie daaruit te leer, al is dit net dat mense, en aandag van hulle af🙂 dalk tog saak maak.

  4. Job 4:12 Verder is ‘n woord op geheimsinnige wyse na my gebring, en my oor het ‘n gefluister daarvan opgevang,
    Job 4:13 by die gedagtespel, uit naggesigte gebore, wanneer diepe slaap op die mense val.
    Ons aardse bestaan is maar soos ‘n oogwink en ek gee jou ‘n deel in Job, om te lees, sodat jy kan weet, dat jou vriendin, sekerlik, in jou vriendskap, vrede vind en weet ook wat in jou gedagtes is.,
    Job 4:14 Skrik het oor my gekom en siddering en het my hele gebeente laat bewe.
    Job 4:15 Toe skuif daar ‘n gees voor my verby; die hare van my vlees het opgerys.
    Job 4:16 Hy bly staan, maar ek kon sy gedaante nie herken nie—’n verskyning voor my oë! Ek hoor die gefluister van ‘n stem wat sê:
    Job 4:17 Sou ‘n sterfling regverdig wees voor God? Of ‘n man rein wees voor sy Maker?

  5. Dankie, Hans. Dit voel nog steeds onwerklik dat sy dood is. Ek het van die versies nie mooi verstaan in konteks nie, maar ek is pynlik bewus daarvan dat ons lewe maar minder as ‘n oogwink is, en dat ons maar nie eens ‘n ou stofkorreltjie in die heelal is nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: