sonder woorde

In my vorige “post” het ek genoem van ‘n goeie vriendin wie se Ma ‘n paar dae gelede oorlede is.  Nou voel ek net naar en lam.  Ek het ‘n rukkie gelede gehoor hierdie vriendin, met wie ek nog eergister gesels het, is skielik gisteraand oorlede, blykbaar agv ‘n anurisme.  Sy was ‘n pragtige mens, besig met haar PhD, energiek, gesond, nie iemand wat net skielik dood sou gaan nie.  Dit voel soos ‘n sussie wat ek verloor het.  Ek was ironies genoeg besig om verwysings van artikels oor die bestaan van God op “The Philosopher’s Index” waartoe ek toegang het te soek, en was weer verslae oor die hoeveelheid daaroor geskryf, en wou dit graag hier neerpen.    Dit is dalk hoekom ‘n mens ‘n god wil hê, sodat ‘n mens die dinge wat gebeur en onafwendbaar en verskriklik mag wees oorgee aan ‘n persoon wat daaroor heers of beskik sodat ‘n mens die vrees kan besweer van iets wat ‘n mens nie ken of verstaan nie.

3 Responses

  1. Sjoe. Dis baie hartseer om te verneem van jou vriendin se afsterwe.

  2. Annerkant, ek kan maar net saam met jou voel, uit my eie ondervinding. Dit is ongelukkig die werklikheid van die lewe en daarom is my strewe, nie om dit wat tydelik is, maar om dit wat ewig is. Die tydelike is nodig om ons aardse bestaan te voer en tog is dit nie my prioriteit in die lewe.

  3. Hi, Hans, dit is tot vandag toe nog vir my onwerklik dat sy nog die een oomblik beplan het aan alles wat sy nog wil doen, en die volgende oomblik was sy net nie meer daar nie. Ek het haar gelukkig of ongelukkig nie elke dag gesien soos van my ander kollegas nie, en vergeet ook eintlik daarvan, verwag om haar maar weer te sien by ‘n funksie of geleentheid.

    Jong, oor die ewige lewe … dit is nog vir my ‘n geheimenis waaroor ek soos ‘n pendilum swaai, amper soos iemand wat ‘n blommetjie se blaartjies een-vir-een afbreek … dit is waar … dit is nie waar nie. Moet dit asb. nie verkeerd opneem nie, ek beny jou eintlik jou sekerheid.
    🙂 Dankie vir die kuier en lees en moeite doen om kommentaar te lewer!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: