Liefde en ondersteuning

‘n Goeie vriendin van my se Ma is Vrydag oorlede, stil en rustig, na ‘n lang en goeie lewe.  Sy het teenoor my opgemerk hoeveel ongelooflike liefde en ondersteuning sy in hierdie tyd ervaar.  Sy het opgemerk: “Het my weer geleer dat dit eintlik al is wat saakmaak – menseverhoudings en om te doen wat jou hand vind om te doen …”.

Dalk is dit so eenvoudig?  Dalk moet ‘n mens die gestoei met geestelikheid of spiritualiteit en die sin van die lewe, wat dikwels in ‘n wollerige spul kan ontaard, nie te ernstig opneem nie.  Dalk moet ‘n mens net elke dag die lewe lewe soos wat dit helder en duidelik by jou is en so goed jy kan, en laat die res maar aangaan soos dit tog in elk geval is, of ‘n mens nou daarmee stoei of nie.

2 Responses

  1. Ek stem saam dat, om bande met ander te vorm, sekerlik ‘n groot deel van die sin van die lewe moet uitmaak. Daarmee saam gaan natuurlik elke mens se onblusbare begeerte om antwoorde te vind op al die kwelvrae van ons bestaan.

    Ek moet sE dit werk vir ook my om altyd erg besig te bly in my beroep. Hoe meer ek myself daarin verloor, hoe minder wonder ek oor al daardie moeilike, onbeantwoorde vrae van die lewe.

  2. Kyker, ek weet nie mooi hoe om op hierdie dinge te reageer nie. Hierdie lewe waarin ons nou lewe en wat ons kan waarneem is van baie belang, ongeag of dit al is wat daar is, net ‘n tydelike ervaring is van ‘n ewig lewende gees of dalk net ons verbeelding, ons met elke dag die beste doen wat ons kan, en lewe, en deel daarvan is om te doen, wat dikwels ons werk is. Bande met ander mense? Jong, ek weet nie eens of meer as ‘n maar oppervlakkige band moontlik is nie. Wat om met al die vrae te doen? Sommige beweer: moenie te veel vrae vra nie, glo net soos ‘n kind … maar waarin moet ‘n mens glo?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: