So baie inligting … tot wat einde?

Dit was tyd om ‘n avatar vir my naam hier te soek, wat jou nogals orals volg!  Geen druk nie. ;) Nou wat sou weergee wat ek dink of voel, of ten minste ietsie van myself weerspieel?  Soos jy waarskynlik agter kan kom, gebeur dinge nie vir my maklik nie.   Ek is baie bewus daarvan dat dit nie regtig ‘n groot storie is nie, want dit is maklik om hier tussen die bloggers te verdwyn, blog en al.  Is dit nie wat ek eintlik wil hê sodat ek mettertyd sonder terughoudenheid kan skryf sodat dit nie net nog ‘n masker is nie, maar ‘n lafenis vir en afkoel van die gedagtes wat om-en-om dwaal nie? 

Tog het die besluit gewigtig gevoel.  Wat sou werk?  Twee konsepte het in my gedagtes gekom: duality (tweeledigheid?) en chaos.  Duality: wel die eerste simbool wat in ‘n mens se gedagtes opkom is seker maar die yin yang teken.  Mooi skerp en helder, maar ongelukkig nie ‘n Westerse simbool nie.  Ek vertrek toe op ‘n soektog die web in om ten minste ‘n idee te gaan soek.  So beland ek my in ‘n menigte en oorweldigende hoeveelheid inligting en web bladsye oor spirituele en filosofiese simboliek en die betekenis daaragter van die vroegste beskawings af.  Daar was nie tyd om met aandag te lees nie, en hier en daar het ek oor stukke ge”browse” (sjoe, maar my Afrikaans het agteruit gegaan!), en dit dan maar vir latere lees onder my gunsteling URLs gebêre.  Ten minste kom ek agter dat die simboliek vir duality in die Westerse beskawing maar baie subtiel is.  Ek begin agterkom dat duality blykbaar ook nie noodwendig ‘n goeie ding is nie.  So beland ek toe ook op ‘n, waarskynlik filosoof, se bladsy wat ‘n hele betoog lewer dat die yin yang teken eintlik totaal onrealisties en onwerklik is om die lewe en werklikheid te simboliseer.  Dit het nogal vir my sin gemaak, en die yin yang simbool vlieg by die venster uit.  Nogal jammer, want dit is vir my baie mooi, nieteenstaande wat dit beteken.  Wel, dan besluit ons maar vir eers teen duality, want ek kon nie regtig iets raakloop wat bruikbaar is nie.  Toe delf ek maar in chaos in.  So tussen alles beland ek op talle inligting oor spiritualiteit, godsdiens  tot selfs ‘n redenasie of ‘n mens kan bepaal of daar ‘n God is of nie, selfs in die regte woorde opgedis vir beide gelowiges en nie-gelowiges.  Ek kom ook op die bespreking en vergelyking van verskillende godsdienste af.  Verskillende oortuiginge is ook oorvloedig, en spreek o.a. ook ‘n gemeenskaplike bewuswees aan, tussen die talle ander dinge. Later begin my kop al draai.  Soveel idees, soveel  inligting, soveel oortuiginge, en sonder kennis geen manier om tussen die kaf en koring te skei nie, en meer nog so, min regte bewyse, sou ‘n  mens wel die agtergrond kennis hê, weet ek nie hoe ‘n mens ooit dinge vir jouself uitsorteer nie.  En dit is deel van my spirituele of geestelike dillemma.

2 Responses

  1. Ja-nee. My raad sou wees: Kies sommer gou vir jou ‘n avatar. Moenie te veel tob oor die saak nie. Jy kan dit altyd verander wanneer jy voel dis tyd om ‘n nuwe baadjie aan te trek.

  2. Ek het toe darem daardie dag ‘n avatar geskep. So ‘n ou vaal dingetjie, maar goed genoeg vir nou.🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: