Enkeling

Gedig deur I.D. du Plessis:

eenling is die mens gebore

eenling is die mens gebore;
in die diepste van sy siel
skuil ‘n plek waar, mens-verlore,
hy in eensaamheid moet kniel.

as kristal en silwer skitter,
ligte vonkel in die wyn,
raak die vreugde soms verbitter
in die uur van samesyn.

in die wilde blom se prag
wat die lente oral sprei
skuil ‘n trooswoord vir ‘n dag –
en die weelde is verby.

rykdom weef met sagte hande
om party sy goue draad –
geen bevryding van die bande
waarin eensaamheid ons laat.

middernagtelike ure
kan die skim ‘n tydjie keer;
spoedig val die brose mure
en ons sien die spookbeeld weer.

eenling is die mens gebore;
in die diepste van sy siel
skuil ‘n plek waar, mens-verlore,
hy in eensaamheid moet kniel. 

 

Hierdie gedig (soos met verse herhaal) is geneem uit die blaadjie met lirieke van ‘n Musiek CD, Radio Lava, van Riku Lätti saam met Arnaud van Vliet en Jahn Beukes.  Terloops,  dit is ‘n besonderse CD, en aan te beveel vir diegene wat van bietjie meer gesofistikeerde Afrikaanse musiek hou, en bv. ook na Johannes Kerkorrel luister.  Baie is al gesê, geskryf en gedig oor die mens wat alleen gebore word en alleen doodgaan, maar vanoggend het ek die voorreg gehad om hierdie een te hoor.  In dieselfde blaadjie is die volgende koortjie uit lirieke deur Riku Lätti geskryf, maar effens uit konteks geneem, vir my baie sprekend van die plek waar ek nou in my lewe is, en dit was in ‘n mate ‘n troos. 

god weet dan weet jy niks
jy weet god weet jy weet dan niks

One Response

  1. Mmm. Baie mooi gedig. Baie hartseer.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: