Die Begin

Hierdie blog is op Donderdag 3 Julie 2008 in die aand na werk gebore.  Dit was nogal vir my ‘n opwindende gebeurtenis.  Ek het al baie van blogs gehoor,  maar het nog net nie die tyd gemaak of is genoeg aangespoor om self met een te begin nie.  (Dankie aan ‘n spesiale vriend in hierdie verband🙂 .)

Ek beskou myself nogal as iemand wat darem nie te verlore is in die digitale eeu nie, maar nadat ek met beloofde gemak hier aangesluit het met ‘n URL-naam en skuilnaam, wat in teenstelling met die registrasie, met pyn en onsekerheid gebore is, het ek deur die nodige gestoei om agter te kom wat ek nou verder moet doen.  “Sal ek nou deur die hele nag moet werk voordat ek my buiging in die kollig kan maak?” het ek ongeduldig gewonder.  Uiteindelik het ek hier beland met ‘n Write Post (nogal met hoofletters), ‘n title, post en ‘n wit veld voor my met ‘n lopertjie wat knipoog in die elektriese lig.

En daar vries ek.  Nie een van die gedagtes en talle dinge waaroor ek wou skryf, wat al vandat ek begin dink het om ‘n blog aan te pak deur my kop gemaal het, was in sig nie.  Ek het gesukkel om asem te haal.  Ek was beangs om iets te begin tik.  Gaan ek ‘n gek van myself maak?  Moet ek  nie eers behoorlik op gaan lees en navorsing doen voordat ek iets skryf nie?  Nie eers die feit dat ek onder ‘n skuilnaam hier gedagtes wil deel, het gehelp nie.  Hoekom kry ons so stage fright?  Nie net vir blootstelling van ons en ons gedagtes nie, maar ook vir die lewe?  Maar daaroor sal ek ander dag wonder.

Wel, so het ek toe die nag waarop Annerkant se blog gebore is, gaan slaap sonder om ‘n enkele woord te blog.

Na aanmoediging en met die gerusstelling dat hy my sal keer as ek iets stupid  skryf (dankie my wederhelfte🙂 ) het ek nou vandag die ding by die horings gepak.  Op die bladsy oor myself het ek ietsie oor myself :cool: , wat ek hier wil deel, en die redes daarvoor, geskryf.  Gaan maak gerus daar ‘n draai.  Tot volgende keer dan.  En wees maar geduldig asseblief, dit sal seker stadig en skugter vorder voordat ek myself, miskien, ‘n gesoute blogger sal kan noem. 

Baie dankie dat jy die begin saam met my ervaar het!  Ek voel baie bevoorreg en is nog steeds in verwondering oor die lewe in hierdie digitale kosmos!

2 Responses

  1. Hiert! Welkom in die blogwEreld! Ek is seker jy gaan dit nog baie geniet. Jy sal ook sommer gou agterkom dat hier genoeg plek is vir alle soorte persoonlikhede: Mens bou gou ‘n lekker vriendekring op tussen eendersdenkendes en bloggers met dieselfde belangstellings.

  2. Dankie vir jou belangstelling en lees, Kyker. 🙂 Lyk ook asof ‘n mens in die blog-skare weg kan kruip. Dit is goed so, want dit mag die siel dalk uit sy gaatjie lok, en die ego bietjie terug druk in syne.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: