Comments on: Dit is moeilik om te ontkersten / ontkeer (“ontbekeer / de-convert”).

By: annerkant
Liewe Wag-’n-bietjie.  Uiteindelik het ek ‘n tydjie stil genoeg gekry om behoorlik te lees wat jy geskryf het.  Eerstens, moenie om verskoning vra nie, jy skryf baie  mooi.  Ek sukkel nogal partykeer om te lees (‘n groot probleem vir my) want ek het konsentrasie probleme, maar ek kon met gemak deur jou stukkie lees.

Maar dit is nie wat belangrik is nie.  Ek kon so met jou identifiseer.  Jou ma se gevoel oor jou broer was vir my ongelooflik hartseer, want ek weet hoe baie dit my ma ook pla dat ek nie ‘n bekeerde christen is nie.

Ek weet nie hoekom ek net geen begeerte het of gedwonge voel om weer ‘n christen te wees nie.  Ek het al soms in my diepste gewonder of dit nie maar rebellie is teen my ma en sussie en almal wat my so gedurig bearbei nie.  Ek het toenemend in aanraking gekom met waarskynlik wat ‘n mens “New Age” sou noem, spirituele boeke, en dit is asof ek my vrede vind.  Ek “gesels” voortdurend met God (ek weet nie of ek die “gevoel” so kan noem nie), en ek vra elke dag vir leiding.  Ek vra ook as goed in my pad staan, kan ek dit nie self wegneem nie, en ek laat my oor aan wat met my moet gebeur.  Die liefde is besig om my op ‘n wonderlike pad te neem, en dit gaan baie goed met my, beter op ‘n geestelike gebied as nog ooit.

Ek waardeer opreg wat jy geskryf het, en dat jy soveel moeite gedoen het om te skryf.  Dit is vir my regtig baie spesiaal.  Dit is oor mense soos jy wat ek nie totaal my rug op christenskap kan draai nie, want dit was tog ‘n opregte besluit van jou.  Ongelukkig voel dit ook vir my dat dit vrees sal wees wat my weer sal kersten, en nie opregte liefde nie.  Die beste sal gebeur.

Baie, baie dankie, hoor.  En ek lees regtig nog boeke oor christenskap.  Ek sal ook nog die bybel lees, want daar is wonderlike geestelike waarhede in.

By: annerkant
Wag-’n-bietjie.  As jy dalk nog hier kom kyk. … Groot askies.  Ek dink nie min van jou kommentaar nie, in teen deel.  Maar ek kon nog net nie lees nie.  Ek is hierdie week te poegaai in die aande.  Ek doen maar sulke goedjies wat nie te veel aandag verg nie.  Ek gaan die naweek rustig en stil kom lees, wanneer my oe nie so brand nie, en my brein helderder is.

By: annerkant
Wag-’n-bietjie: BAIE DANKIE!  Ek het lanklaas behoorlik by wordpress uitgekom, en daarom jammer ek kom  nou eers hier by jou ook uit.  Dit is al laat, en ek wil weereens nie net deur jou kommentaar “scroll” en vinnig lees nie.  Ek wil dit behoorlik lees.   Ek het gelees tot waar jy oor jou Ma en broer gepraat het, en toe raak ek so emosioneel agv my eie situasie, dat ek in elk geval nie verder kon lees nie.  Ek kom weer terug, en sal jou dan beter terugvoer gee, maar ek sal nie so reageer dat jy terug hoef te verduidelik nie.   Jy het dit nie nou meer nodig nie, maar my adres: anderkant@gmail.com

Hopelik sal mense hier nie te veel op jou kommentaar lewer en jou pla nie … my blog is nog nie so gewild nie.

By: wag-ŉ-bietjie
Gits, die omvang van jou vraag is groter as wat ek gedink het!

Ek wou my antwoord vir jou epos (adres?), nie omdat ek skaam is vir my geloof nie, maar bloot omdat ek oor twee redes nie reaksies daarop wil ontlok nie.  In die eerste plek omdat daar nou belangriker dinge op my agenda is (Koot, dit klink nie nou baie glad nie) en tweedens omdat ek gelukkig is waar ek nou is;  Ek, het vrede gevind!  Ek het nie meer dringende onbeantwoorde vrae nie, ek wil nie meer my geloof en God kompliseer nie, ek wil nou in alle nederigheid, ten spyte van, en bo alles, soos ‘n kind in God glo.

Soos Paulus van onse Bybel is welsprekendheid en taal nie een van my sterk punte nie en omdat dit vir my belangrik is dat jy reg hoor wat ek geskryf het wil ek vra, wanneer jy dit lees dat jy asseblief nie teen mý of my taal vaskyk nie. As jy dit sou doen gaan jy kry wat jy nóú verwag en niks meer nie.  En dan, baie belangrik, die omvang van my geestelike reis tot bekering is ook baie meer as wat ek in net ‘n paar sinne hier kan saamvat, maar jou vraag verdien ‘n antwoord daarom sal ek tog probeer.

Omdat jy dalk nou-nou mag dink dat ek veroordeel of vooroordeel, wil ek eers net ‘n bietjie agtergrond gee sodat jy sal weet waar ek vandaan kom.  Ek het ook in ‘n (dalk nie so tipiese) Christelike huis grootgeword.  Alhoewel my pa nie ‘n kerkmens was nie en al kan ek min kere onthou wat my ma langs my en my drie boeties in die kerk gesit het, het ek altyd met sekerheid geweet dat albei van hulle die Here Jesus baie lief het.  My oudste broer  was vir die grootste gedeelte van sy lewe ‘n ateïs, hy’s erg slim, diep in die wetenskap in en het altyd ‘n antwoord en oplossing vir alles.  Dit het my ma gebreek.  Sy het haar oë uitgehuil en haar knieë deurgebid vir hom.  Ek het gedink hy was ‘n simpele onnosele mansmens.  Maar, NOOIT het dit ons liefde en respek vir mekaar enigsins verander of verminder nie.  Vir my was alles oukei en aanvaarbaar solank hy nie met mý Here spot nie.

In 1964 het ek ‘n dooplidmaat van die N.G. Kerk geword (ek is nou nog ‘n lidmaat van die kerk en trots daarop) en deur die genade van die Here, wat dit so beskik het, het ek ook met die Gideons se besoek aan ons skool, my kinderhartjie  in alle onskuld vir Jesus gegee.  Ek het toe baie kerk toe gegaan, elke dag my Bybel gelees en gebid.  Ek is deur al die motions en toe in 1980 met my belydenisaflegging gee ek vir ‘n tweede keer my hart met meer oortuiging vir die Here.  In hierdie tyd en lank daarna het ek baie opgesien na my leraars en kerkleiers om vir my die Woord van God uit te lê en riglyne te gee hoe om God te dien. Dit het ek gedoen in volle vertroue dat hulle gesante was wat deur die Here aangestel was en dat God ook deur hulle tot my spreek.

Later, sonder ‘n datum of jaartal, het my geloofsekerheid stelselmatig in twyfel verander.  My twyfel het nie gekom van ander mense, my broer of boeke nie (ek het gewoon my nie aan hulle gesteur nie), maar deur die media.  Deur die media het ek geleer dat ons hoogleraars in die teologie beweer dat die Bybel nie waar is nie, dat die verhaal oor die sondeval onsin is en dat die hemel net ‘n “pie in the sky” is.  Selfs in die Kerkbode het kerkleiers van mekaar verskil, teenstrydige standpunte deur sogenaamde leiers was gepubliseer.  Ek was jonk en het erg begin twyfel.  Ek het honderde onbeantwoorde vrae gehad, maar die vraag wat die meeste gepla het was die waarheid oor die Woord van God.  Deur al die jare heen is ek geleer en het ek ook ervaar dat dit wat in die Bybel geskryf is, die Woord van God is.  Die Christelike leer is die enigste leer wat gefundeer is op so ‘n unieke en uitsonderlike boek.  Daar is geen ander geloof met hierdie eienskap nie en op grond hiervan was dit vir my sonder enige twyfel duidelik dat dit die enigste ware geloof is.

Ek het oral antwoorde op die ‘verkeerde’ plekke gesoek (i.p.v. sekerheid oor die Bybel te kry toe ploeter ek rond tussen al die ander geloofsoortuigings)   Hoe meer ek gesoek het, hoe meer het ek getwyfel, hoe meer ek getwyfel het hoe banger het ek geword vir die pad wat ek besig was om verkeerd (of dalk reg) te loop.  Hoe dit ook al sy, ek het nêrens anders tuis gevoel nie, ek het nie VREDE ervaar nie.  Dit was vir my soos om op ‘n treinspoor te speel terwyl jy weet daar kom elke paar minute ‘n trein.  Ek was later so deurmekaar, ek het nie meer geweet wat om te glo nie.  Ek het al minder my diepste denke en sienings oor geloof met ander gedeel, veral nie met my ma en naby familie nie.  In hierdie tyd het ek nie opgehou kerk toe gaan nie, net minder na my eie en meer na ander kerke; ek het ‘n studie van die Nuwe Era-beweging gedoen (Dit was die enigste ander geloof wat my nog getrek het.  Iemand met ‘n beperkte begrip van die Christelike geloof en New Age, kan maklik die twee verwar.  Ironies dat my broer, jare later, betrokke geraak het by juis hulle).   Lang storie kort.

Daar was altyd hierdie onbeskryfbare onbeskryflike ‘IETS’ wat my elke keer teruggehou en teruggebring het.  Eendag luister ek saam met ‘n vriend/kêrel na een van Louis Malherbe se Maksimum… tapes, Louis sluit af met die woorde: “Die Here gaan nie vra wat jy als reg gedoen het of wat jy als verkeerd gedoen het nie, Hy gaan net vra: ‘Wat het jy met die keuse gemaak wat Ek jou gegee het toe jy na Maksimum… geluister het?’”  Hierdie selfde vriend druk my maande later in ‘n blik  om saam met hom op ‘n kerkkamp te gaan (hy het glad nie geweet wat in my kop aangaan nie).  Ek was eintlik nooit goed met kerkkampe nie.  Hierdie een was geen uitsondering.  Ek kon nie wag om daar weg te kom nie, alles wat daar gesê was, wil ek nie hoor nie.  Die laaste ding wat die Pastoor vir my gesê het was: “Meisiekind, gaan soek jou vrede.”   Sjoe, hoe het hy geweet?  Vergeet van hom!  Het ek gedink.  Maar ek kon nie.  Sy groet saam met Louis Malherbe se woorde was soos ‘n langspeelplaat wat vasgehaak het in my kop.  Sê nou net, ék is verkeerd?  Wat dan?  Nie lank hierna soek ek ‘n boek vir ‘n vriendin wat verjaar en die eerste boek wat ek van die uitverkoping stapel optel was, ‘Inleiding tot die verstaan van die Bybel’, die tweede ‘Die verhaal van die Bybel’…

Ek het nie ‘n dramatiese bekering gehad nie, nie ‘n dag en datum wat ek spesifiek kan onthou nie, maar daar was weer ‘n dag wat ek kan onthou wat ek ‘n Christen geword ten spyte van die feit dat ek Sondae in die kerk was, Bybel gelees en gebid het.   Ek het toe vir die eerste keer ‘n Christen geword op die enigste manier wat mens ‘n Christen kan word.  Deur ‘n wilsdaad het ek daardie dag die Here Jesus Christus as my persoonlike Verlosser en Saligmaker aangeneem.  Vir die eerste keer het Johannes 10:10 vir my ook ‘n werklikheid geword.

En nee, my lewe het nie radikaal verander na my bekering nie.  Die volgende dag was ek nie ‘heilig’ nie.  Ek het nie al my goed verkoop en die geld vir die kerk gegee nie.  Ek het steeds begeer, steeds my geduld verloor, steeds… ek dink jy kry die punt.

Bekering bestaan vir my uit:

1.  ‘n Gesindheidsverandering wat kom a.g.v. die wedergeboorte, (‘n Begeerte om in die regte verhouding met God te lewe), en

2.  ‘n lewensverandering (As ‘n nuwe mens leef jy nou anders.  Waarom leef jy nou anders? Nie om die ewige lewe te verdien nie, maar uit dankbaarheid vir Sy verlossing).

Bekering is nie ‘n eenmalige gebeurtenis nie – dis ‘n afsterwe van die ‘ou mens’.

Louis Malherbe het graag die volgende beeld gebruik, jy hoef dit nie te lees nie, maar ek sal tog bly wees as jy dit wel doen:

“Om ‘n Christen te word, is om soos Jesus te word, dis ‘n afkapproses.

Dit is soos oom Coert Steynberg die dag toe hy die opdrag van die regering gekry het om daardie ongelooflike perd te maak.  En ek kom daar by sy huis, en ek sien hierdie groot blok graniet uit Wes-Duitsland.

Ek sê: ”Oom Coert, watse berg het hulle nou op die pavement afgelewer, ek meen hier is een agter jou huis?” want sy huis  lê teen die hange van die Magaliesberge!

Hy sê: “Nee, ek gaan ‘n perd hier uitkap, regeringsopdrag, ‘n groot, groot opdrag!”

Ek sê: “’n Perd? Hoe gaan jy dit regkry?”

Hy sê: “Ek vat ‘n hamer en ‘n beitel…”

En ek sê: “Oom Coert, moenie my intelligensie onderskat nie.  Ek weet jy vat ‘n hammer en ‘n beitel, maar hoe gaan jy maak dat hier net ‘n perd oorbly?”

Hy sê: “Dit is maklik.  Ek vat die hamer en die beitel en ek kap alles af wat nie soos ‘n perd lyk nie.”

Ek meen, as jy nou alles afgekap het wat nie soos ‘n perd lyk nie, wat bly oor?  ‘n Perd!  So is God besig om alles in die mens se lewe af te kap wat nie soos Jesus lyk nie!

Hoe doen Hy dit?

Ook deur ‘n beitel.  Want sien, God is die groot Beeldhouer wat mense vorm na die beeld van sy Seun, Jesus!  En Hy gebruik ook beitels.  Elkeen van ons, ook jy wat nou hier lees, sal kan sê:

My beitel is my vrou,

My beitel is my bankbestuurder,

My beitel is my dominee,

My beitel is dit,

My beitel is dat…

Elkeen van ons het ‘n beitel.

Maar weet jy wat doen ons?  Partykeer dan like ons nie die beitel nie, dan sê ons: “Wow! Nou raak dit ‘n bietjie rof.  Ek meen hierdie beitel is lekker heavy skerp, dit is my vrou!  En wat doen God dan?  Dan wag Hy, dan wag Hy in sy groot genade totdat jy beskikbaar is om gebeitel te word, want Hy as Beeldhouer kies die beitels, nie jy nie!  Die beeld kies nie die beitels nie, die Beeldhouer kies die beitels.  En solank as jy rebelleer teen die beitel wat God tans in jou lewe gebruik, gaan die beeldhouproses staan.

Annerkant, dankie dat jy tot hier gelees het.

Miskien is jóú vrede op ‘n ander plek, ek weet nie, en hoe sal jy ooit weet as jy ophou soek?  Doen wat jy moet doen en wat jy voel is reg.

By: annerkant
Hallo Wag-’n-bietjie, ek is skoon uitasem!  Sjoe, jong, ek self het nie eintlik tyd om te blog of kommentaar te lewer nie, ek steel eintlik tyd van ander dinge wat belangriker is.   Ek verwag GLAD NIE dat jy kommentaar moet lewer nie, hoor.  Ek is baie bly jy het wel, want nou ken ek jou ook beter.  Dit is vir my nog steeds vreemd dat mense kom kyk wat ek skryf en selfs daarop reageer.  Selfs sonder enige iemand hier sal ek dit nog steeds geniet en skryf – want dit is vir my op die oomblik soos ‘n joernaal, (maar ek  moet erken dit is nogal lekker om te sien mense kom kyk   ).  Moet groot asb. nie verplig voel om verder te antwoord nie, hoor!!!  Ek kan darem ook jou blog gaan ondersoek om jou verder te leer ken, wanneer die tyd dit toelaat.    Sterkte met die fietsry wedren!  Ongelukkig moet ek beken ek is nie ‘n ernstige sport beoefende persoon nie.  Wat jammer is!

Mooi bly!

By: wag-ŉ-bietjie
Hey Annerkant, lyk my dinge gebeur gans te vinnig vir my hier op jou blog.  Het jou kommentaar heel gemis.  Jammer.

Weet jy:  Ek is nogal spyt ek het kommentaar gelewer op jou inskrywing.  En voor jy verkeerde afleidings maak, die rede is glad nie wat jy dink nie, ek kuier eintlik lekker hier by jou.  My verskoning is eintlik maar net TYD.  Om te blog het mens regtig TYD nodig, in elk geval baie meer as wat ek tot my beskikking het.  By my werk is daar doodeenvoudig nie tyd en smiddae jaag ek tussen werk en na skoolaktiwiteite rond.  Saans het ek net ‘gesteelde’ tydjies tussen kos voorbereiding, studies en Pa.  En die afgelope maand (wanneer daar wel tyd is) stoei ek met internet toegang (my ou 3G-kaart pas nie in my nuwe laptop nie, gelukkig is dit nie meer lank voor ek kan opgradeer nie), nes ek dink daar gebeur iets via die Bluetooth kry ek ‘n ‘Gateway Timeout’-error of my boodskap sny uit.  Dis erf frustrerend en tussendeur word daar nog geoefen vir die 94.7 fietswedren (en as jy self ry, sal jy weet dat mens op hierdie stadium gemiddeld 100km per week moet oefen, en dis nogal baie as jy iets van ‘n naweek wil oorhou).

En nou dat jy my storie ken:  Gaan probeer om jou vraag vanaand nog te antwoord,  belowe egter niks.

By: annerkant
Genadetjie, Johan.  Toets jy my?  Ek druip maklik, hoor.  Wel, laat ek probeer.  Ek het nog nooit gedink iets (God … enige iets anders) is afwesig net omdat daar nie bewyse vir sodanige dinge is nie.  Ek dink ek druk myself dalk partykeer verkeerd uit oor die “bewyse” waarna ek soek vir God se bestaan.  Ek bedoel eerder die bestaan van God in die sin van die eng siening van God in die christelike godsdiens.  … Enigste plek waar ek kan dink ek al van soek na bewyse gepraat het.

… heg dit die twee aan mekaar?  ?

Gemeenplase los nie probleme op nie, maar ten minste dink al meer as een daaroor, en dalk iewers is daar ‘n vonkie van insig.  En dit is nogal lekker en vertroostend om gemeenplase raak te loop.

As nagedagte: het net saam  met Rosalind gespot oor die bier, as jy dalk dink ek voel baie gevly en geborge.    Onthou ek slaan rose stukkend op mense se koppe.

By: Johan Swarts
Absence of proof isn’t proof of absence…maar gemeenplase het nie altyd die gewoonte om probleme op te los nie…

By: annerkant
Hallo Johannes, baie dankie vir jou kommentaar en die verwysing!  Dit is baie van waarde.  Ongelukkig moes ek jou kommentaar uit die spamlys gaan red!  Daarom dat ek nou eers reageer!

By: flippiefanus
Ek lees dit en sal kommentaar lewer.