Dit is moeilik om te ontkersten / ontkeer (“ontbekeer / de-convert”).

(For English speaking persons who might visit this post because of my referral to an English post by LeoPardus [Posts by LeoPardus]: the title of this post is “Reasons why it is difficult to de-convert”.  I can associate with a list of reasons posted at the blog De-conversion, and I copied them here with my comments on it in Afrikaans.  I also “de-converted”.)

Ek moet beken dat dit vir my moeilik sal wees om werklik weer ‘n christen te wees in die ware en volkome sin van die woord soos wat die godsdiens in die bybel beskryf of voorgeskryf word.  Ek probeer so objektief as moontlik te bly in my denke oor spiritualiteit en godsdienste, maar tensy daar ‘n direkte ingryping van God self af is, en nie net in my verbeelding nie, kan ek nie sien hoe ek daartoe terug sal kan keer nie.

Vandag (ek sal weer terugkeer tot die God-gene! :) ) leen ek ‘n stuk uit ‘n inskrywing deur LeoPardus, The ties that bind: factors that make de-conversion difficult, op ‘n ander blog (De-conversion). 

Ek kon identifiseer met baie van die redes wat die persoon lys (nie met almal nie), maar ek kopieer sommer die hele lys, want dit mag dalk ook vir iemand anders interessant of van toepassing wees:

1. Family/friend pressures to keep the faith
2. Fear of family/friend reactions to de-conversion
3. Worry about losing church friends
4. Not knowing how to live without the faith/belief
5. Fear of falling into gross immorality
6. Not knowing where to look for friends, fellowship, etc
7. Not knowing what beliefs/philosophies to use to guide life
8. Concerns about death/next life
9. Sense of abandonment
10. Loss of meaning/purpose
11. Employment worries (biggie for pastors, ministry workers, etc.)
12. What if I’m just bloomin’ wrong?
13. Not wanting to say that friends, family, teachers, etc. are all wrong.
14. Not wanting to admit that apologetics are weak, unconvincing, illogical; in short, ‘crap’.
15. Not wanting to drag family through the painful, scary process.
16. Not wanting to hurt family/friends by rejecting the faith (which is tantamount to rejecting them in the minds of many believers).
17. Worries about the effect of atheism/agnosticism on business (i.e., possible lack of trust by clients).
18. Memories of good times and such in the church/faith.
19. Memories of experiences of closeness to God and things interpreted as miracles.
20. Leaving a lifetime of being open to the idea of God/gods, and the supernatural as being part of the universe.
21. Admitting that one had been SO wrong for SO long.
22. The odd and scary need to start anew from an unfamiliar perspective in a suddenly unfamiliar world.
23. Embarrassment. I.e., meeting those to whom you were a Christian role model, or whose lives significantly impacted or shaped (Your own kids would fit here in a big way.), or non-christians you witnessed to or argued apologetics/faith with and to whom you raved about the beauty of the Christian life.
24. The sense of betrayal that you know others may feel from your leaving the faith.
25. Laziness.
26. What to do on Sundays?
27. Not wanting to be considered “evil”. (Fundy’s will look at atheists this way. Specially apostates.)
28. Not wanting to be excommunicated. (More a trouble for Catholics, Orthodox, Lutherans, Anglicans, and the like.)
29. WANTING there to be something more to life, the universe, and everything.

Weereens het ek met verbasing gestaan hoe baie mense in die wêreld sekere gedagtes en kommers met ‘n mens deel!  Hoe wonderlik sou dit nie gewees het as daar iets soos rekenaars of internet was toe ek jonk was en so baie vrae begin vra het nie.  (Nou gee ek my ouderdom weg. ;) )

Nou wonder ek net wat is die Afrikaanse woord vir de-conversion of de-convert.  Ek glo nie daar sal een wees nie, maar hoe sou ‘n mens dit dan vertaal? :)

About these ads

37 Responses

  1. Natuurlik is daar ‘n Afrikaanse woord: ontkering. :)

  2. Hi George. Dankie vir die inloer en reghelp. :) Moes seker eers ‘n woordeboek geraadpleeg het. :o Het toe gou die woordeboek hier by my aan hand gaan raadpleeg, maar Bosman, Hiemstra & vd Merwe (7de uitg. 1967) is al seker ‘n bietjie te oud, en die woord is nie daarin nie. :) Sal jy (en Afrikaans!) my vergewe as ek onkering bietjie onduidelik vind, miskien omdat dit vir my ongewoon is? Ontbekering is vir my meer verstaanbaar, natuurlik omdat bekering die ding is wat moet “ont-”. Maar hoe dit sy, ek is baie bly dat die woord nie heel vreemd vir Afrikaners en Afrikaans is nie! :)
    Het by jou blog ook vinnig ‘n draai gemaak. Weet nie hoekom ek jou nog nie raakgeloop het nie, maar lyk my jou blog was vir ‘n rukkie dood? :)

  3. Jammer, George. Ontkeer is eintlik ‘n mooi woord. “Be-keer” is seker om jou te “keer” na …, en ontkeer is natuurlik om dit ongedaan te maak en “weg te keer”? Skies, ek is nie ‘n taalkundige nie, en natuurlik moet ontkeer ook ‘n gebruikswoord raak wat nie onbekend is nie.

  4. Annerkant ek dink die Afrikaans vir “de-convert” is eenvoudig “om verlore te gaan”. ;-) Jammer ek neem aan my vooroordeel wys al weer. :-)

  5. Lees die boek “The End of the Church Age and After” by die volgende link…

    http://www.familyradio.com/graphical/literature/frame/

    dan sal jy dalk verstaan hoekom dit so moeilik is om ‘n kerk-christen te wees.

    Geniet die “soeke” na antwoorde…!

  6. Die vraag sou nou wees: As iemand “ontkeer”, was daardie persoon in die eerste plek werklik (in hart siel en verstand) “bekeer”?

  7. Ontkersten – Volgens die HAT beteken dit: Die Christelike geloof ontneem, losraak van die Christendom (Volgens die HAT).

  8. Ek is weer terug, het weer gelees – nou wonder ek sommer net ;

    Wanneer is iemand ‘n Christen in die ware en volkome sin van die woord, en waaruit bestaan ‘bekering’ vir jou?

  9. Hi Flippiefanus: skerp ;), as ek so iets mag se in hierdie ernstige gesprek. Natuurlik mag jy jou vooroordeel wys, want soos ons al besluit het, oor geloof kan ‘n mens nie redeneer nie. “Om verlore te gaan” is natuurlik een van die dinge waarmee ek stoei, maar om te oordeel is onder andere een van die dinge wat my weghou van christen wees af. Ek kan my net nie oortuig dat elke persoon op aarde wat nie ‘n christen is nie, verlore sal gaan nie. Wat van o.a. die beskawings wat voor christus bestaan het, en ek is seker duisende opregte mense wat in ander gelowe groot geword het? Jy kan maar met my reguit wees, anders moes ek nie hier in die openbaar my menings lug nie.

    Boerinballingskap en Wag-’n-bietjie: Dankie vir julle kommentaar. Ek sal nou maar weer die titel van die inskrywing moet verander. :) Jammer, ek moet vir my ‘n ordentlike woordeboek kry. Ek dink om te “ontkersten”, al klink dit nogal weer kras, is seker meer gepas. Dit pas by beide van julle se vrae / kommentaar. Dit is waar, hoe sou ‘n mens kon oordeel of ‘n mens werklik “bekeerd” was. Ek het baie kontak met christene, en baie vertel my dat hulle lewens soos hand-om-keer verander die dag toe hulle tot bekering gekom het. Ek kan tog nie beweer hulle almal vertel leuens nie. Was ek werklik bekeerd? Ek kan natuurlik net uit eie ondervinding praat. Ek het hard probeer om myself te bekeer. Die eerste keer wat ek kan onthou, was toe die Gideons omgekom het, en die bybeltjies uitgedeel het. Ek het daardie dag met my hele ou onskuldige kinderhartjie met soveel oortuiging my lewe vir Jesus oorgegee. Daar was ook ervaringe daarna, maar soos ek groot geword het, het my verstand harder begin praat. Of ek werklik tot bekering gekom het, en wat presies bekering is, sal ek nie kan se nie … daarom, ek sal ook “ontkersten” by die titel las. Ek hoop ek het julle vrae halfpad geantwoord. Ek sal daaroor dink of ek nie dalk ‘n inskrywing moet skryf oor my bekering?, en Wag-’n-bietjie behoorlik antwoord nie. Dit raak nou nogal na aan die hart. Wag-’n-bietjie, ek hoop so ek kom nie vals oor nie, want ek bedoel altyd wat ek se: ek vind jou blog baie positief.

  10. Annerkant, dit is nie ‘n HAT woord. Ek het dit eendag raakgelees en daarvan gehou. Ongelukkig kan ek nou nie onthou waar ek dit eerste raakgelees het nie.

    Ek verskil natuurlik met die “om verlore te gaan”. :) Daar is nêrens om na verlore te gaan nie, gewoon omdat die hel en hemel nie bestaan nie.

  11. Mens is nogal geneig om te voel dat God moet voldoen aan wat ons voel reg of verkeerd is. Maar dit maak tog sin dat as God regtig bestaan Hy die een is wat besluit wat reg en verkeerd is en nie ons nie. So wanneer ons dink dat dit nie “reg” is dat so baie mense verlore gaan nie dan is dit ons eie gebroke sin vir reg en verkeerd wat probeer om die toon aan te gee. Die Bybel se^ dat baie verlore gaan en min gered word. Wie’s ek om te stry? Nogtans mag God deur sy genade besluit om enigeen te red? Wie’s ek om te stry?

  12. George Maru, jy klink baie oortuig daarvan daar nie ‘n hemel en ‘n hel is nie. Nou wonder ek maar net, hoe weet jy dit?

  13. Daar is klomp goed wat nie sin maak vir my nie. Een is die ark, dit is ‘n logistieke nagmerrie met byna 2 miljoen spesies. Maar kom ons neem net die soogdiere, by 6000 spesies van al die kontinente…aikona. En hulle moes self loop soontoe.
    Maar mens ‘n hele boek skryf oor die ark se totale onwaarskynlikheid op tientalle vlakke. En dan is daar mense wat soek na die ark …ai-ai

    Maar ek is al weer van die punt af :)

  14. Nee man Rosa, het jy nie daai fliek van Harry Potter gesien waar hulle in so klein tentjie inkruip en sodra hulle binnekom ontdek hulle dat dit binne groot en ruim is. Miskien was die ark ook so. ;-)

    Ja daar is dele in die Bybel waaroor mense baie vrae het. Die ongelowiges gebruik dit as rede om nie te glo nie en die gelowiges glo ten spyte daarvan.

    Ek het eenmaal ‘n lesing gehoor waar die spreker beweer mens moet die eerste paar hoofstukke in Genesis metafories beskou. Elkeen moet maar self besluit.

  15. George, ek hou ook van die woord. Dit klink ook soos wegkeer, jou rug keer … ontkersten is dalk duideliker en “veiliger”. ‘n Mens moet seker besluit in watter konteks ‘n mens dit gebruik.

    Flippiefanus, ek weet nie wat om te antwoord nie. Om nie te “stry” nie, is vir my persoonlik nie opreg en eerlik nie, en daar is so baie dwalinge, en ek sluit die bybel daarby in, dat ek dink ‘n mens moet eintlik vra en stry. Maar … dit kom weer by die geloof in ‘n God (in die christelike sin) en sy alwetendheid. Kan nie daaroor redeneer nie.

    Rosalind, weet jy, om terug te keer na die natuur en werklikheid is vir my ook interessanter. Ek hou van jou klippe in die bos, en ek dink nie jy kou so klippe soos ek oor die hele storie nie, daarom hoef jy nie lysies te maak van jou vrese nie :) . Maar dit is waar, niks wil klop en pas nie. Die werklikheid in soverre ons dit ken is ook vir my baie “skoner” en helder – sonder oorloe tussen goed en sleg, ‘n hel en hemel, engele en duiwels, mense wat verlore gaan … Dalk is ek nou bietjie kras.

  16. Annerkant ek probeer nie se^ dat Christene nie ook worstel met vrae nie. Al wat ek se^ is dit gaan nie oor die “stry” nie maar oor geloof.

    Eenmaal gehoor van ‘n diaken wat altyd by hierdie een ou besoek afgele het wat die moeilikste vrae vir die diaken gevra het. Laasgenoemde kon nooit regtig behoorlike antwoorde vir die vrae gee nie. Op die ou ent word die ou toe wel gelowig. Toe vra die diaken hom hoekom hy begin glo het, want hy kon dan nooit sy vrae behoortlik antwoord nie. Die ou antwoord toe dat ten spyte van die feit dat die diaken nooit die vrae kon antwoord nie die diaken nooit opgehou het met glo nie.

    My vraag is, annerkant, as die wereld sonder geloof vir jou soveel “skoner” is hoekom het jy dan al die vrae?

  17. Flippiefanus, sommer. :)

    Nee, seriously. Ek kan ook vir jou vra hoe weet jy? Ek gaan maar net in hooftrekke reageer, want eintlik kan ‘n mens baie lang hieroor gesels en in meer detail ingaan.

    Eerstens sal ek erken dat ek nie 100% kan sê wat na die dood gebeur nie, want ek was nog nooit daar nie; so ook nie enige iemand anders nie. Indien iemand dus ‘n waarheidsaanspraak maak oor wat na die dood gebeur, so ek meen die bewyslas lê by daardie persoon. Ek kan wel vrae vra oor ‘n bepaalde hipotese (bv. die hel, reïnkarnasie of wat ook al) en dit verwerp op grond van die getuienis. Ek kan seker vir jou ook vra hoe weet jy dat ons nie almal as ons doodgaan in ‘n ander heelal begin lewe nie?

    Tweedens dink ek daar is heelwat probleme met die dogma van hemel en hel soos verstaan binne die Christelike tradisie. Die konsep soos ons dit vandag ken, het aanvanklik nie in die Ou Testament bestaan nie. Dit het progressief ontwikkel deur die eeue soos ons dit vandag ken. Maar selfs onder Christene is daar nie eers eenstemmigheid oor die hel nie, bv. word sondaars vir ewig daar gemartel of word die sondaar heeltemal verwoes (vergelyk bv. Mat. 10:28).

    So kan ‘n mens aangaan. Die leerstelling van ewige veroordeling staan baie wankelrige bene.

    In kort, daar is nie bewyse vir ‘n hel nie.

  18. Aha George, nes ek gedog het. :lol: Jou bewys dat daar nie ‘n hel is nie is omdat daar nie ‘n bewys *vir* een is nie. Wel dis soos om te se^ voor die neutrino ontdek is het dit nie bestaan nie want daar was op daardie stadium geen bewyse vir neutrinos nie.

    Sien ek kan se^ ek glo gewoon daar is ‘n hemel en ‘n hel sonder dat ek bewyse aanvoer daarvoor, want dis wat dit beteken om ‘n gelowige te wees. Dis presies om te glo in goed waarvoor ek geen bewyse het nie. Maar die ironie is jy glo ook in goed sonder dat jy bewyse daarvoor het. Kan ek dus nou aanneem dat jy wel ‘n “gelowige” is? ;-)

  19. Annerkant, die afgelope twee maande het ek jou inskrywings gereeld gevolg (al hoekom ek nie kommentaar lewer nie is omdat ek nie altyd die tyd het om ‘betrokke’ te raak nie). Jy ken jouself baie goed en weet presies wat jy uit die lewe wil hê. Jou inskrywing(s) en ‘vrae’ bewys die opregtheid van jou as mens. Ek hou daarvan, ek was ook al daar -Geloofsekerheid en geloofsvertroue kom nie sonder vrae nie.

    En soos Rosa’tjie, is daar vir my ook ‘n klomp goed wat nie sin maak nie. Nou nog nie. Maar soos Flippiefanus so lekker raak vat: Ek glo ten spyte daarvan! – Want ek glo aan die essensie van die Bybel se boodskap.

    Hou ook in gedagte: Die mense wat die Bybel geskryf het het niks van die “Big Bang” geweet nie. Hulle het geglo die aarde staan op fondamente met ‘n hemelkoepel waaraan sterre gehang is. Hulle het nie geweet van fisika nie, hulle het geglo dat alle mense dieselfde is, een is net meer goed as die ander.

    Die skepping raak net groter soos die wetenskap ontwikkel en met die kennis wat ons by kry. En hoe groter die wetenskap word hoe ‘kleiner’ het God geword. Of Adam en Eva regtig daar was weet ek nie maar wat Genesis 2 vir my sê is dat die mens van die begin af gesondig het. Of Jona regtig deur ‘n groot vis ingesluk was weet ek ook nie, maar Jona se verhaal gaan nie vir my oor die vis nie (die boek Jona het ongeveer 200 reëls waarvan seker net 5 oor die vis gaan), dit gaan oor ‘n genadige God wat Jona in die water moes gelos het maar Hy het nie en toe hy vuil, nat en moeg op die strand uitgespoeg of gespoel het het die Here nie gesê gaan trek eers warm en droog aan nie. Nee, hy moes dadelik opstaan en doen wat die Here van hom gevra het – Die Here soek ons net soos ons is. Nie beter nie. Net so, met al onse foute!

    Die Bybel vertel ons dat God alles gemaak het. Die Wetenskap vertel ons hoe God dit gemaak het. Daar is nie ‘n wetenskaplike boek wat ‘n hoofstuk het wat sê “Daarom is daar nie ‘n God nie” Die wetenskaplikes het nie ‘n saak met God nie. Lees gerus eendag Louw Alberts se boek oor Geloof versus Wetenskap. Daar is te veel feite op die tafel – ek gaan verseker met geen wetenskaplike stry nie.

    Ek het op my eie blog ook al hieraan geraak – Die bestaan van ‘n boek

    http://wagnbietjie.wordpress.com/2007/12/01/wat-is-die-sinkern-van-die-christelike-geloof/

  20. hallo julle,

    Annerkant. nee jy is glad nie kras nie, glo my ek is nie fyngevoelig as dit by die dinge kom nie. jy kan maar skiet! Ek stem die werklikheid is helder. (jy praat van lysies maak, ek maak ook lysies, ek het so boekie langs die bed waarin ek soms in die middel van die nag my lysie langer maak!)

    Ek stem saam met George. Ek wil bylas dat gode saam met beskawings sterf (ek het dit elders al gese, dink ek).

    Oor die neutrino ons het ‘n sterk vermoede gehad hulle is daar en die modelle het getoon hulle is daar. dit is nogal iets anders as net blind glo.

    Hou maar vir Higgs boson dop….ons gaan hom binnekort kry mbt van die Large Hadron Collider en die deeltjies is al in die 60tigs voorspel.

  21. hallo julle,

    Annerkant. nee jy is glad nie kras nie, glo my ek is nie fyngevoelig as dit by die dinge kom nie. jy kan maar skiet! Ek stem die werklikheid is helder. (jy praat van lysies maak, ek maak ook lysies, ek het so boekie langs die bed waarin ek soms in die middel van die nag my lysie langer maak!)

    Ek stem saam met George. Ek wil bylas dat gode saam met beskawings sterf (ek het dit elders al gese, dink ek).

    Oor die neutrino ons het ‘n sterk vermoede gehad hulle is daar en die modelle het getoon hulle is daar. dit is nogal iets anders as net blind glo.

    Hou maar vir Higgs boson dop….ons gaan hom binnekort kry mbv van die Large Hadron Collider en die deeltjies is al in die 60tigs voorspel.

  22. Wag-n-bietjie ek stem nogal heeltemal met jou saam, veral waar jy se^: “Die Bybel vertel ons dat God alles gemaak het. Die Wetenskap vertel ons hoe God dit gemaak het.” Beter kon ek dit nie stel nie.

    Rosa ek dink jy mis die punt wat ek probeer maak: Mens kannie se^ dat iets nie bestaan bloot omdat mense geen bewyse daarvoor het nie.

    Terloops, daar bestaan sterk teoretiese redes hoekom die Higgs soos dit in die Standaard Model beskryf word nie presies so behoort te bestaan nie. Miskien as supersimmetrie ook bykom of as daar ‘n ander meganisme is kan dit werk, maar nie net soos dit daar is nie. Ek verwag ‘n paar verrassings wanneer die LHC volgende jaar begin data versamel.

  23. Hallo almal, hier is nou so baie dinge geskryf wat ‘n behoorlike lees nodig het. Sal my ‘n rukkie vat om alles mooi te verwerk. Natuurlik het Rosa en Flippiefanus my heeltemal agter gelaat met hulle gesprek oor fisika. :) Ek weet darem dat die LHC iets is soos ‘n versneller. Maar meer ingelig as dit sal ek nie eens probeer klink nie. :)

    Ek kom regtig weer terug, maar:
    Flippiefanus, hoekom ek nog so baie vrae vra, ja, hoekom maak ek my so moeg. Deel van die antwoord is in die deel oor myself en die van die redes hierbo, maar ek dink die vraag regverdig ‘n inskrywing. Natuurlik om agter die werklikheid te probeer kom, beteken nie dat die werklikheid noodwendig mooi en skoon en aangenaam is nie, maar om van dele daarvan wat jy reeds waar kan neem, soos die natuur, as “skoner” te ervaar antwoord nie die vrae nie.

    Wag-’n-bietjie, ek wou jou sommer dadelik antwoord met die eerste gedagtes wat by my opkom, maar dit is onregverdig. Ek gaan eers weer jou kommentaar met aandag lees en die inskrywing op jou blog waarna jy verwys, dan sal ek terug kom en op jou reageer, of sommer daar by jou inskrywing (sal eers oor ‘n dag of wat wees). Dankie, hoor. Jy laat my bietjie aan my Ma dink (op ‘n mooi manier) en hoe sy my hanteer, ek kan haar ook nie sommer net ignoreer nie. :)

    George, dit is eintlik maklik om te redeneer of daar ‘n God is of nie, of daar antwoorde is, is ‘n ander saak, want geloof is deel van die redenasies waarmee ‘n mens moet handel, maar of daar ‘n hel, satan en sonde is, sjoe, dit is ‘n tammeletjie! Nie net omdat ek eerstens so daaroor voel nie, maar ook omdat ek nie kan dink dat ‘n grootse God behae daarin sal skep om ‘n hel te onderhou nie, maak hel net nie vir my sin nie, en kan ek dit nie vir my indink nie, maar die gedagte daaraan maak my soms bang … nie noodwendig oor die pyn en leiding nie, maar om dalk te besef dat ‘n mens toe tog nie die werklikheid kon deurgrond nie. Maak dit sin?

    Maar ek moet net eers weer alles lees wanneer daar bietjie meer tyd en konsentrasie vermoe is. :)

  24. Jy is nou al baie inskrywings agter annerkant. ;-) Ek sien uit daarna om jou volgende inskrywing te lees.

  25. “Have a heart”, Flippiefanus. Maar ek is so gretig, en belowe myself omtrent in die agterstand in! ;) Dit is lekkerder om met nuwe idees te begin. Die storie van my lewe. :)

  26. Wag-’n-bietjie, hier is ek weer soos ek belowe het. Dankie vir jou lees! Ek het jou inskrywing oor die bybel ook gaan lees. Ek hou van jou manier van dink, en dit help baie om te weet dat ‘n mens kan twyfel en vrae vra, dan op die ou end “besluit” om ‘n Christen te wees. Ek sou graag wou weet hoe jy tot bekering gekom het, maar ek sal terug gaan lees op jou blog.

    Ek weet nie mooi hoe om jou te antwoord nie. Die manier waarop jy die bybel beoordeel en sien maak vir my baie sin. Ek self sien die bybel as ‘n geestelike boek, en ook ‘n geskiedenisboek, en nie ‘n wetenskaplike handboek nie. Ek twyfel nog baie in my geestelikheid, veral omdat ek gedurig “gedwing” word om oor christenskap te dink (en ek praat nou nie van hier op die blogs nie, wat my eie keuse is nie), maar na ‘n lang tyd van werklik wegkeer van ‘n geestelike lewe het ek weer met God in “aanraking” gekom, en in gesprek begin tree, as ek dit so mag noem, maar nie binne die konteks en beperkinge van die christelike grense nie. Dit beteken nie dat ek vir altyd my rug op christen wees gekeer het nie, dit is net asof ek nie daarnatoe gelei word nie. Geestelikheid en God beteken vir my baie, baie meer as wat ek in die bybel kan vind of in christen wees. Maar dit is so moeilik. Met alle respek gese, dit voel partykeer vir my asof ek in ‘n sepie is met my eie lewe. Die moeilikste is om nie in ‘n mens self op te gaan in so ‘n mate dat dit nie regtig meer oor die “saak” gaan nie.

    Ek het nie geantwoord nie, want ek kan nie regtig nie, ek het sommer net gepraat. Maar ek het ernstig gelees wat jy geskryf het, en ek versmaai dit nie. As die tyd dit toelaat gaan ek ‘n punt daarvan maak om jou inskrywings op jou blog terug te lees, want opregtheid is vir my een van die hoogste waardes wat ‘n mens na kan streef, en ek dink jy is opreg, en met jouself ook.

  27. Flippiefanus, my nuwe inskrywing oor die waarom en waarheen met my blog antwoord jou vraag: “My vraag is, annerkant, as die wereld sonder geloof vir jou soveel “skoner” is hoekom het jy dan al die vrae?” in ‘n mate.

  28. Ek lees dit en sal kommentaar lewer.

  29. Hallo Johannes, baie dankie vir jou kommentaar en die verwysing! Dit is baie van waarde. Ongelukkig moes ek jou kommentaar uit die spamlys gaan red! Daarom dat ek nou eers reageer!

  30. Absence of proof isn’t proof of absence…maar gemeenplase het nie altyd die gewoonte om probleme op te los nie…

  31. Genadetjie, Johan. Toets jy my? Ek druip maklik, hoor. Wel, laat ek probeer. Ek het nog nooit gedink iets (God … enige iets anders) is afwesig net omdat daar nie bewyse vir sodanige dinge is nie. Ek dink ek druk myself dalk partykeer verkeerd uit oor die “bewyse” waarna ek soek vir God se bestaan. Ek bedoel eerder die bestaan van God in die sin van die eng siening van God in die christelike godsdiens. … Enigste plek waar ek kan dink ek al van soek na bewyse gepraat het.

    … heg dit die twee aan mekaar? ?

    Gemeenplase los nie probleme op nie, maar ten minste dink al meer as een daaroor, en dalk iewers is daar ‘n vonkie van insig. En dit is nogal lekker en vertroostend om gemeenplase raak te loop.

    As nagedagte: het net saam met Rosalind gespot oor die bier, as jy dalk dink ek voel baie gevly en geborge. ;) Onthou ek slaan rose stukkend op mense se koppe. :)

  32. Hey Annerkant, lyk my dinge gebeur gans te vinnig vir my hier op jou blog. Het jou kommentaar heel gemis. Jammer.

    Weet jy: Ek is nogal spyt ek het kommentaar gelewer op jou inskrywing. En voor jy verkeerde afleidings maak, die rede is glad nie wat jy dink nie, ek kuier eintlik lekker hier by jou. My verskoning is eintlik maar net TYD. Om te blog het mens regtig TYD nodig, in elk geval baie meer as wat ek tot my beskikking het. By my werk is daar doodeenvoudig nie tyd en smiddae jaag ek tussen werk en na skoolaktiwiteite rond. Saans het ek net ‘gesteelde’ tydjies tussen kos voorbereiding, studies en Pa. En die afgelope maand (wanneer daar wel tyd is) stoei ek met internet toegang (my ou 3G-kaart pas nie in my nuwe laptop nie, gelukkig is dit nie meer lank voor ek kan opgradeer nie), nes ek dink daar gebeur iets via die Bluetooth kry ek ‘n ‘Gateway Timeout’-error of my boodskap sny uit. Dis erf frustrerend en tussendeur word daar nog geoefen vir die 94.7 fietswedren (en as jy self ry, sal jy weet dat mens op hierdie stadium gemiddeld 100km per week moet oefen, en dis nogal baie as jy iets van ‘n naweek wil oorhou).

    En nou dat jy my storie ken: Gaan probeer om jou vraag vanaand nog te antwoord, belowe egter niks.

  33. Hallo Wag-’n-bietjie, ek is skoon uitasem! Sjoe, jong, ek self het nie eintlik tyd om te blog of kommentaar te lewer nie, ek steel eintlik tyd van ander dinge wat belangriker is. Ek verwag GLAD NIE dat jy kommentaar moet lewer nie, hoor. Ek is baie bly jy het wel, want nou ken ek jou ook beter. Dit is vir my nog steeds vreemd dat mense kom kyk wat ek skryf en selfs daarop reageer. Selfs sonder enige iemand hier sal ek dit nog steeds geniet en skryf – want dit is vir my op die oomblik soos ‘n joernaal, (maar ek moet erken dit is nogal lekker om te sien mense kom kyk :) ). Moet groot asb. nie verplig voel om verder te antwoord nie, hoor!!! Ek kan darem ook jou blog gaan ondersoek om jou verder te leer ken, wanneer die tyd dit toelaat. :) Sterkte met die fietsry wedren! Ongelukkig moet ek beken ek is nie ‘n ernstige sport beoefende persoon nie. Wat jammer is!
    Mooi bly!

  34. Gits, die omvang van jou vraag is groter as wat ek gedink het!

    Ek wou my antwoord vir jou epos (adres?), nie omdat ek skaam is vir my geloof nie, maar bloot omdat ek oor twee redes nie reaksies daarop wil ontlok nie. In die eerste plek omdat daar nou belangriker dinge op my agenda is (Koot, dit klink nie nou baie glad nie) en tweedens omdat ek gelukkig is waar ek nou is; Ek, het vrede gevind! Ek het nie meer dringende onbeantwoorde vrae nie, ek wil nie meer my geloof en God kompliseer nie, ek wil nou in alle nederigheid, ten spyte van, en bo alles, soos ‘n kind in God glo.

    Soos Paulus van onse Bybel is welsprekendheid en taal nie een van my sterk punte nie en omdat dit vir my belangrik is dat jy reg hoor wat ek geskryf het wil ek vra, wanneer jy dit lees dat jy asseblief nie teen mý of my taal vaskyk nie. As jy dit sou doen gaan jy kry wat jy nóú verwag en niks meer nie. En dan, baie belangrik, die omvang van my geestelike reis tot bekering is ook baie meer as wat ek in net ‘n paar sinne hier kan saamvat, maar jou vraag verdien ‘n antwoord daarom sal ek tog probeer.

    Omdat jy dalk nou-nou mag dink dat ek veroordeel of vooroordeel, wil ek eers net ‘n bietjie agtergrond gee sodat jy sal weet waar ek vandaan kom. Ek het ook in ‘n (dalk nie so tipiese) Christelike huis grootgeword. Alhoewel my pa nie ‘n kerkmens was nie en al kan ek min kere onthou wat my ma langs my en my drie boeties in die kerk gesit het, het ek altyd met sekerheid geweet dat albei van hulle die Here Jesus baie lief het. My oudste broer was vir die grootste gedeelte van sy lewe ‘n ateïs, hy’s erg slim, diep in die wetenskap in en het altyd ‘n antwoord en oplossing vir alles. Dit het my ma gebreek. Sy het haar oë uitgehuil en haar knieë deurgebid vir hom. Ek het gedink hy was ‘n simpele onnosele mansmens. Maar, NOOIT het dit ons liefde en respek vir mekaar enigsins verander of verminder nie. Vir my was alles oukei en aanvaarbaar solank hy nie met mý Here spot nie.

    In 1964 het ek ‘n dooplidmaat van die N.G. Kerk geword (ek is nou nog ‘n lidmaat van die kerk en trots daarop) en deur die genade van die Here, wat dit so beskik het, het ek ook met die Gideons se besoek aan ons skool, my kinderhartjie in alle onskuld vir Jesus gegee. Ek het toe baie kerk toe gegaan, elke dag my Bybel gelees en gebid. Ek is deur al die motions en toe in 1980 met my belydenisaflegging gee ek vir ‘n tweede keer my hart met meer oortuiging vir die Here. In hierdie tyd en lank daarna het ek baie opgesien na my leraars en kerkleiers om vir my die Woord van God uit te lê en riglyne te gee hoe om God te dien. Dit het ek gedoen in volle vertroue dat hulle gesante was wat deur die Here aangestel was en dat God ook deur hulle tot my spreek.

    Later, sonder ‘n datum of jaartal, het my geloofsekerheid stelselmatig in twyfel verander. My twyfel het nie gekom van ander mense, my broer of boeke nie (ek het gewoon my nie aan hulle gesteur nie), maar deur die media. Deur die media het ek geleer dat ons hoogleraars in die teologie beweer dat die Bybel nie waar is nie, dat die verhaal oor die sondeval onsin is en dat die hemel net ‘n “pie in the sky” is. Selfs in die Kerkbode het kerkleiers van mekaar verskil, teenstrydige standpunte deur sogenaamde leiers was gepubliseer. Ek was jonk en het erg begin twyfel. Ek het honderde onbeantwoorde vrae gehad, maar die vraag wat die meeste gepla het was die waarheid oor die Woord van God. Deur al die jare heen is ek geleer en het ek ook ervaar dat dit wat in die Bybel geskryf is, die Woord van God is. Die Christelike leer is die enigste leer wat gefundeer is op so ‘n unieke en uitsonderlike boek. Daar is geen ander geloof met hierdie eienskap nie en op grond hiervan was dit vir my sonder enige twyfel duidelik dat dit die enigste ware geloof is.

    Ek het oral antwoorde op die ‘verkeerde’ plekke gesoek (i.p.v. sekerheid oor die Bybel te kry toe ploeter ek rond tussen al die ander geloofsoortuigings) Hoe meer ek gesoek het, hoe meer het ek getwyfel, hoe meer ek getwyfel het hoe banger het ek geword vir die pad wat ek besig was om verkeerd (of dalk reg) te loop. Hoe dit ook al sy, ek het nêrens anders tuis gevoel nie, ek het nie VREDE ervaar nie. Dit was vir my soos om op ‘n treinspoor te speel terwyl jy weet daar kom elke paar minute ‘n trein. Ek was later so deurmekaar, ek het nie meer geweet wat om te glo nie. Ek het al minder my diepste denke en sienings oor geloof met ander gedeel, veral nie met my ma en naby familie nie. In hierdie tyd het ek nie opgehou kerk toe gaan nie, net minder na my eie en meer na ander kerke; ek het ‘n studie van die Nuwe Era-beweging gedoen (Dit was die enigste ander geloof wat my nog getrek het. Iemand met ‘n beperkte begrip van die Christelike geloof en New Age, kan maklik die twee verwar. Ironies dat my broer, jare later, betrokke geraak het by juis hulle). Lang storie kort.

    Daar was altyd hierdie onbeskryfbare onbeskryflike ‘IETS’ wat my elke keer teruggehou en teruggebring het. Eendag luister ek saam met ‘n vriend/kêrel na een van Louis Malherbe se Maksimum… tapes, Louis sluit af met die woorde: “Die Here gaan nie vra wat jy als reg gedoen het of wat jy als verkeerd gedoen het nie, Hy gaan net vra: ‘Wat het jy met die keuse gemaak wat Ek jou gegee het toe jy na Maksimum… geluister het?’” Hierdie selfde vriend druk my maande later in ‘n blik om saam met hom op ‘n kerkkamp te gaan (hy het glad nie geweet wat in my kop aangaan nie). Ek was eintlik nooit goed met kerkkampe nie. Hierdie een was geen uitsondering. Ek kon nie wag om daar weg te kom nie, alles wat daar gesê was, wil ek nie hoor nie. Die laaste ding wat die Pastoor vir my gesê het was: “Meisiekind, gaan soek jou vrede.” Sjoe, hoe het hy geweet? Vergeet van hom! Het ek gedink. Maar ek kon nie. Sy groet saam met Louis Malherbe se woorde was soos ‘n langspeelplaat wat vasgehaak het in my kop. Sê nou net, ék is verkeerd? Wat dan? Nie lank hierna soek ek ‘n boek vir ‘n vriendin wat verjaar en die eerste boek wat ek van die uitverkoping stapel optel was, ‘Inleiding tot die verstaan van die Bybel’, die tweede ‘Die verhaal van die Bybel’…

    Ek het nie ‘n dramatiese bekering gehad nie, nie ‘n dag en datum wat ek spesifiek kan onthou nie, maar daar was weer ‘n dag wat ek kan onthou wat ek ‘n Christen geword ten spyte van die feit dat ek Sondae in die kerk was, Bybel gelees en gebid het. Ek het toe vir die eerste keer ‘n Christen geword op die enigste manier wat mens ‘n Christen kan word. Deur ‘n wilsdaad het ek daardie dag die Here Jesus Christus as my persoonlike Verlosser en Saligmaker aangeneem. Vir die eerste keer het Johannes 10:10 vir my ook ‘n werklikheid geword.

    En nee, my lewe het nie radikaal verander na my bekering nie. Die volgende dag was ek nie ‘heilig’ nie. Ek het nie al my goed verkoop en die geld vir die kerk gegee nie. Ek het steeds begeer, steeds my geduld verloor, steeds… ek dink jy kry die punt.

    Bekering bestaan vir my uit:

    1. ‘n Gesindheidsverandering wat kom a.g.v. die wedergeboorte, (‘n Begeerte om in die regte verhouding met God te lewe), en

    2. ‘n lewensverandering (As ‘n nuwe mens leef jy nou anders. Waarom leef jy nou anders? Nie om die ewige lewe te verdien nie, maar uit dankbaarheid vir Sy verlossing).

    Bekering is nie ‘n eenmalige gebeurtenis nie – dis ‘n afsterwe van die ‘ou mens’.

    Louis Malherbe het graag die volgende beeld gebruik, jy hoef dit nie te lees nie, maar ek sal tog bly wees as jy dit wel doen:

    “Om ‘n Christen te word, is om soos Jesus te word, dis ‘n afkapproses.

    Dit is soos oom Coert Steynberg die dag toe hy die opdrag van die regering gekry het om daardie ongelooflike perd te maak. En ek kom daar by sy huis, en ek sien hierdie groot blok graniet uit Wes-Duitsland.

    Ek sê: ”Oom Coert, watse berg het hulle nou op die pavement afgelewer, ek meen hier is een agter jou huis?” want sy huis lê teen die hange van die Magaliesberge!

    Hy sê: “Nee, ek gaan ‘n perd hier uitkap, regeringsopdrag, ‘n groot, groot opdrag!”

    Ek sê: “’n Perd? Hoe gaan jy dit regkry?”

    Hy sê: “Ek vat ‘n hamer en ‘n beitel…”

    En ek sê: “Oom Coert, moenie my intelligensie onderskat nie. Ek weet jy vat ‘n hammer en ‘n beitel, maar hoe gaan jy maak dat hier net ‘n perd oorbly?”

    Hy sê: “Dit is maklik. Ek vat die hamer en die beitel en ek kap alles af wat nie soos ‘n perd lyk nie.”

    Ek meen, as jy nou alles afgekap het wat nie soos ‘n perd lyk nie, wat bly oor? ‘n Perd! So is God besig om alles in die mens se lewe af te kap wat nie soos Jesus lyk nie!

    Hoe doen Hy dit?

    Ook deur ‘n beitel. Want sien, God is die groot Beeldhouer wat mense vorm na die beeld van sy Seun, Jesus! En Hy gebruik ook beitels. Elkeen van ons, ook jy wat nou hier lees, sal kan sê:

    My beitel is my vrou,
    My beitel is my bankbestuurder,
    My beitel is my dominee,
    My beitel is dit,
    My beitel is dat…

    Elkeen van ons het ‘n beitel.

    Maar weet jy wat doen ons? Partykeer dan like ons nie die beitel nie, dan sê ons: “Wow! Nou raak dit ‘n bietjie rof. Ek meen hierdie beitel is lekker heavy skerp, dit is my vrou! En wat doen God dan? Dan wag Hy, dan wag Hy in sy groot genade totdat jy beskikbaar is om gebeitel te word, want Hy as Beeldhouer kies die beitels, nie jy nie! Die beeld kies nie die beitels nie, die Beeldhouer kies die beitels. En solank as jy rebelleer teen die beitel wat God tans in jou lewe gebruik, gaan die beeldhouproses staan.

    Annerkant, dankie dat jy tot hier gelees het.

    Miskien is jóú vrede op ‘n ander plek, ek weet nie, en hoe sal jy ooit weet as jy ophou soek? Doen wat jy moet doen en wat jy voel is reg.

  35. Wag-’n-bietjie: BAIE DANKIE! Ek het lanklaas behoorlik by wordpress uitgekom, en daarom jammer ek kom nou eers hier by jou ook uit. Dit is al laat, en ek wil weereens nie net deur jou kommentaar “scroll” en vinnig lees nie. Ek wil dit behoorlik lees. Ek het gelees tot waar jy oor jou Ma en broer gepraat het, en toe raak ek so emosioneel agv my eie situasie, dat ek in elk geval nie verder kon lees nie. Ek kom weer terug, en sal jou dan beter terugvoer gee, maar ek sal nie so reageer dat jy terug hoef te verduidelik nie. :) Jy het dit nie nou meer nodig nie, maar my adres: anderkant@gmail.com

    Hopelik sal mense hier nie te veel op jou kommentaar lewer en jou pla nie … my blog is nog nie so gewild nie. :)

  36. Wag-’n-bietjie. As jy dalk nog hier kom kyk. … Groot askies. Ek dink nie min van jou kommentaar nie, in teen deel. Maar ek kon nog net nie lees nie. Ek is hierdie week te poegaai in die aande. Ek doen maar sulke goedjies wat nie te veel aandag verg nie. Ek gaan die naweek rustig en stil kom lees, wanneer my oe nie so brand nie, en my brein helderder is.

  37. Liewe Wag-’n-bietjie. Uiteindelik het ek ‘n tydjie stil genoeg gekry om behoorlik te lees wat jy geskryf het. Eerstens, moenie om verskoning vra nie, jy skryf baie mooi. Ek sukkel nogal partykeer om te lees (‘n groot probleem vir my) want ek het konsentrasie probleme, maar ek kon met gemak deur jou stukkie lees.

    Maar dit is nie wat belangrik is nie. Ek kon so met jou identifiseer. Jou ma se gevoel oor jou broer was vir my ongelooflik hartseer, want ek weet hoe baie dit my ma ook pla dat ek nie ‘n bekeerde christen is nie.

    Ek weet nie hoekom ek net geen begeerte het of gedwonge voel om weer ‘n christen te wees nie. Ek het al soms in my diepste gewonder of dit nie maar rebellie is teen my ma en sussie en almal wat my so gedurig bearbei nie. Ek het toenemend in aanraking gekom met waarskynlik wat ‘n mens “New Age” sou noem, spirituele boeke, en dit is asof ek my vrede vind. Ek “gesels” voortdurend met God (ek weet nie of ek die “gevoel” so kan noem nie), en ek vra elke dag vir leiding. Ek vra ook as goed in my pad staan, kan ek dit nie self wegneem nie, en ek laat my oor aan wat met my moet gebeur. Die liefde is besig om my op ‘n wonderlike pad te neem, en dit gaan baie goed met my, beter op ‘n geestelike gebied as nog ooit.

    Ek waardeer opreg wat jy geskryf het, en dat jy soveel moeite gedoen het om te skryf. Dit is vir my regtig baie spesiaal. Dit is oor mense soos jy wat ek nie totaal my rug op christenskap kan draai nie, want dit was tog ‘n opregte besluit van jou. Ongelukkig voel dit ook vir my dat dit vrees sal wees wat my weer sal kersten, en nie opregte liefde nie. Die beste sal gebeur.

    Baie, baie dankie, hoor. En ek lees regtig nog boeke oor christenskap. Ek sal ook nog die bybel lees, want daar is wonderlike geestelike waarhede in.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

%d bloggers like this: