Dit is moeilik om te ontkersten / ontkeer (“ontbekeer / de-convert”).

(For English speaking persons who might visit this post because of my referral to an English post by LeoPardus [Posts by LeoPardus]: the title of this post is “Reasons why it is difficult to de-convert”.  I can associate with a list of reasons posted at the blog De-conversion, and I copied them here with my [...]

Gene vir God – reaksie op “Jy besluit (deel 1)”

Ai, ek kry maar min geskryf, en al die boeke en artikels wat ek so hier rondom my opstapel vir lees, bly nog maar onaangeroer – hartseer gesig .  Hier is darem ‘n volgende druppeltjie in die emmer.

In hierdie inskrywing reageer ek op Flippiefanus se inskrywing oor die Gene vir God [...]

Gene vir God II

In Gene vir God I het ek voorgeneem om vir die tweede bloginskrywing oor hierdie onderwerp die drie stukkies uit Wikipedia (Origin of religion, Religious experience, en God gene) te lees en dele daaruit aan te haal wat ek van waarde vir myself gevind het.  In ‘n volgende inskrywing wil ek graag op Flippiefanus se twee inskrywings [...]

Gene vir God I

Vir ‘n lang tyd in my lewe, vandat ek die besluit geneem het om nie verder te huigel nie, het ek godsdiens, of in der waarheid enige iets wat met geestelikheid of spiritualiteit te doen het, vermy.  Dit was nie goed vir my persoonlik nie.  Ek het ‘n behoefte om spiritueel te wees, en vandat ek spiritualiteit weer in [...]

Welkom, ons is blog-mense!

Met nog net my een groottoon in die blogwêreld, besig om die water te toets en agter te kom waar ek my bevind, beland ek van gister af in ‘n deurmekaar maalkolk.  Om in die maalkolk te beland was nie moeilik nie.  My eerste versigtige treetjies, ‘n stukkie kommentaar hier en lekker lees daar, begin nog [...]

My mosaiek

Dit lyk so interessant en lekker om ‘n mens se eie mosaiek te maak. Hierdie is nou al mosterd na die maal, maar in die laaste tyd is ek ‘n bietjie te moeg en besig met ander dinge om te blog, en vanaand het ek sommer gou die mosaiek speletjie gespeel … en hier is [...]